Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Programme

​Die Departement Bos- en Houtkunde is spesifiek getaak met die bevordering van Bos- en Houtkunde deur middel van basiese en toegepaste navorsing, onderrig op voorgraadse en nagraadse vlak, asook deur uitreiking na die gemeenskap in Suid-Afrika.

Die voorgraadse en nagraadse programme by Dept Bosbou en Houtkunde dien as goeie voorbereiding vir mededingende leiers en bestuurders in die verskillende bosboubedrywe.  Daar word gefokus om geleenthede te skep sodat alle studente hulle volle potensiaal kan bereik.  Dit word gedoen deur navorsing en die gebruik van toepaslike onderrigmetodes om studente aan te moedig om alle fasette van goeie kwaliteit gegradueerdes te ontwikkel.  Die Departement en die Universiteit se ondersteuningsafdelings werk nou saam om sukses op voorgraadse vlak te verseker, dit sluit in addisionele tutorondersteuning en integrasie van inligting- en kommunikasietegnologieë in die onderrig- en leerprosesse.  Vertalingsdienste word ook in sekere afdelings aangebied.

Algemene Toelatingsvereistes

Agriwetenskappe Jaarboek 2021

​​

​​​