Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraads

​​​​​​​​​​​

 

Die Departement van Bos- en Houtkunde , Stellenbosch Universiteit  is die enigste hoër onderwysinstelling in Suid-Afrika waar Nagraadse Bosbou Universiteitsgrade aangebied word:

NGDipBosb, MScBosb, PhD(Bosb) en DScBosb.

 

​Vir meer inligting kies een van die volgende:

 

Toelatingsvereistes

Nagraadse programme in Bosbou- en Houtwetenskappe volg op die baccalaureusprogram. Studente kan, afhangende van hul vorige kwalifikasies, toetree tot ʼn gepaste nagraadse program in een van die hoofvakke en een van die volgende kwalifikasies verwerf: Nagraadse Diploma in Bosbou- en Houtwetenskappe (NgDipBosb), Magister in die Natuurwetenskappe in Bosbou- en Houtwetenskappe (MScBosb), Doktor in die Wysbegeerte in Bosbou- en Houtwetenskappe [PhD (Bosb)] of Doktor in die Natuurwetenskappe in Bosbou- en Houtwetenskappe (DScBosb) in die rigtings van Bosbou- en Natuurlikehulpbronwetenskappe of Hout- en Houtprodukkunde.

Studente moet in al hul modules of in die hoofmodule wat van toepassing is op die nagraadse studierigting ʼn minimum van 60% op die voorgraadse vlak behaal om vir nagraadse studie aan die Departement Bos- en Houtkunde te kwalifiseer. Afwykings vanaf hierdie vereiste sal oorweeg word na goeddunke van die voorsitter van die Departement.

Vir meer inligting rondom Nagraadse studie aan Stellenbosch Universiteit indien u nie woonagtig is in Suid-Afrika, kontak asseblief  die Internasionale kantoor.


 

Aansoekprosedure

Alvorens aansoek gedoen word om toelating tot die MSc of PhD programme moet 'n studieleier eers geidentifiseer word.

Nadat die navorsingsprojek en projekvoorstel saam met die studieleier geidentifiseer is kan die aansoek ingedien word.

   Vir nagraadse studie doen aanlyn aansoek by:  http://www.sun.ac.za/pgstudies/

​​​