Komende vanaf Kaapstad met die N1 Ry ongeveer 30 km vanaf Kaapstad: Neem die Stellenbosch afrit ‘n paar kilometer na die Engen One Stop vulstasie. U kom Stellenbosch binne met Birdstraat, oor ‘n treinspoorbrug. Oorkruis 3 verkeersligstelle na die brug. Die 4de stel is in Merrimanlaan. Die landmerk aan u regterkant is die Caltex vulstasie. Draai links in Merrimanlaan in. Oorkruis 2 verkeersligstelle, ry onderdeur ‘n wit voetgangerbrug. En stop by die 4-rigting stop by die Bosmanstraat/Merrimanlaan kruising. Draai links. Oorkruis die stopstraat in Banghoekweg. Bosmanstraat neem u reguit na die vooraansig van die Bosbou gebou. Komende vanaf Strand/Somerset-Wes U kom Stellenbosch binne vanaf die Suidelike kant met die Strand Pad langs. Die eerste verkeersligstel is nog buite die dorp; gohlfbaan is aan u linkerkant. Hou aan op die Strand Pad (R44) en oorkruis vier verdere verkeersligstelle. By die 6de verkeersligstel , draai regs in Merrimanlaan in. Oorkruis drie verkeersligstelle, ry onderdeur ‘n wit voetgangerbrug en stop by die 4-rigting stop by die Bosmanstraat/Merrimanlaan kruising. Draai links. Oorkruis die stopstraat in Banghoekweg. Bosmanstraat neem u reguit na die vooraansig van die Bosbou gebou. Komende vanaf die Lughawe met die N2 Neem die Stellenbosch/Baden Powell afrit. Hou aan verby Spier Landgoed met die R310. U kom Stellenbosch binne vanuit die Weste. Volg bloot die pad (Adam Tas) oor die treinspoorbrug en verby die stasie. Die pad vloei eindelik in die Strand Pad (R44). U oorkruis een stel verkeersligte en draai regs by die tweede stel (Merrimanlaan). Oorkruis nou 3 verkeersligstelle, ry onderdeur ‘n wit voetgangerbrug en stop by die 4-rigting stop by die Bosmanstraat/Merrimanlaan kruising. Draai links. Oorkruis die stopstraat in Banghoekweg. Bosmanstraat neem u reguit na die vooraansig van die Bosbou gebou.
Die Bos en Houtkunde gebou is 50 jaar oud!
|