Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer Oor

​​

​​​​Welkom by die Dept Bos- en Houtkunde

(kliek op skakel)

Kursusinhoud    tree.jpg

 Loopbaangeleenthede tree.jpg

Beurse  tree.jpg

Doen nou aansoek

​ ​ ​ ​Opwindende projekte in DBHK! Ook iets vir jou! 


TREES and WOOD.jpg

Bome is  indrukwekkende organismes en een van die aarde se grootste en belangrikste natuurlike hulpbronne.  Hule bydrae tot die effektiewe regulering van ons omgewing en atmosfeer is van onskatbare belang.

Trees.jpg 

​Die eindproduk van bome, hout, is die materiaal van die toekoms:

list 1.jpg

 

 BOS- EN HOUTPRODUKKUNDE

Die Universiteit van Stellenbosch is intens betrokke by die opvoeding van toekomstige wetenskaplikes. Dit is die enigste universiteit in Suid-Afrika wat 'n omvattende vier-jaar BSc graadkursus aanbied vir beide Bos- en Houtprodukkunde en sodoende die hele waardeketting van die bosbedryf insluit. Studente geniet die voordeel van stimulerende en diverse programme wat navorsing en studies in die woude, wynlande en berge van Stellenbosch insluit, sowel as 'n wye verskeidenheid van loopbaanvooruitsigte plaaslik en internasionaal.

Die Departement se voorspoed lê in die feit dat dit die enigste tersiêre onderwysinstelling in Suid-Afrika is wat opleiding op BSc, MSc en PhD vlakke in beide Bos-en Natuurlikehulpbronwetenskap en Houtprodukkunde voorsien. Die teenwoordigheid van hierdie twee groot dissiplines onder een dak  stel die Departement in staat om die volle bosbou waardeketting aan te spreek, van die bosvestiging en boskultuur, bosbestuur, oes en vervoer en bosbou-ekonomie, na sekondêre verwerking vir houtstrukture, saamgestelde materiale, bio-energie en ander produkte van toegevoegde waarde.

Voorgraadse Programme

 

Bosbou- en Natuurlike Hulpbronnewetenskap

Houtprodukkunde

  • ​Bos-ekofisiologie en -kultuur
  • Bosbestuur
  • Afstandswaarneming
  • Bosingenieurswese
  • Bosbou-ekonomie
  • ​Houtmateriaalkunde
  • Houtprosessering
  • Produk en produkontwerp
  • Ondernemingsbestuur
  • lngenieurswese
Die kursus is gestruktureer om studente 'n holistiese beg rip te gee van bosse, woude, die omgewing en plantasies. Dit sluit in boskultuur, bos-ekologie, bosmeting en modellering, bergopvanggebiede, ontginnings-metodes en stelsels, en logistiek, bosbeplanning en -beleid en ander interessante aspekte van Natuurlike Hulpbronbestuur. Studente kry ook die geleentheid om baie tyd buite te spandeer en op velduitstappies huidige bosboupraktyke waar te neem. Die struktuur van die kursus maak voorsiening vir bree maar terselfde tyd in-diepte blootstelling aan wetenskaplike, ekonomiese, tegniese en sosiale kwessies. Die kursus bestaan uit 'n unieke kombinasie van Houtprodukkunde, lngenieurswese en Ondernemingsbestuur. Studente leer oor alle aspekte van houtwetenskap en -produksie soos houtanatomie en identifisering, houtchemie en -bewaring, houtmeganika en houtproduksie. Dit word aangevul deur 'n verskeidenheid ingenieursmodules wat op vervaardigingstegnologie, besigheidsbestuur en bedryfsinge­nieurswese fokus. Die kursus behels
ook velduitstappies en praktiese opleidingsessies.

Loopbaangeleenthede

Gegradueerdes van die Universiteit van Stellenbosch word internasionaal erken as van die beste in die bedryf. Dit is ons strewe om veelsydige bestuurders en navorsers te lewer met die nodige vaardighede om al die uitdagings van tegnologie-oordrag te bestuur en te verstaan. Dit bied aan ons gegradueerdes besondere loopbaangeleenthede en stel hulle in staat om in ander verwante bedrywe te diversifiseer.
Loopbaangeleenthede wissel van entrepreneuriese ondernemings tot
die korporatiewe omgewing, plaaslik asook in die buiteland. Dit sluit in bestuurs-, tegniese, bewarings- of navorsingsgerigte loopbane. Navorsing het getoon dat houtprosesseerders en ander houtkwekers verkies om gegradueerdes van Stellenbosch in diens neem.

 

Boskunde
- Vir 'n volhoubare toekoms

Houtkunde
- Ontdek die veelsydigheid van hout

Byvoorbeeld:

• Bosekoloog of -beplanner
• Bosboukonstultant of -kontrakteur
• Natuurlike hulpbronbestuurder
• Produksiebestuurder
• Boomteler / Houtkweker
• Navorser / Bosbouwetenskaplike
• Omgewingsbeplanner
• Logistieke bestuurder
• Landelike ontwikkelingsadviseur
• Uitbreidingsbeamplte
• Grondgebruikbestuurder

Byvoorbeeld:

• Produkontwikkelaar of -navorser
• Aanleg- of saagmeulbestuurder
• Produksiebestuurder
• Entrepreneur/ Besigheidseienaar
• Vervaardigingsingenieur
• Bordprodukte-vervaardiger
• Gehalteversekeringsbestuur
• Meubelontwerp en -vervaardiger
• Vervaardiger van gelamineerde produkte
• Vervaardiger van fineer en laaghout produkte
• Vervaardiger van vensters en deurrame

Beurse

n Groot persentasie van ons studente word befonds met beurse van die industrie, die regering en die universiteit. Kontak Mev Vanessa du Plessis vir inligting oor beskikbare beurse.

e-pos: vdp@sun.ac.za

Tel: +27 21 808 3323

Aanlyn Brosjure 

Doen nou aanlyn aansoek

 

        

​​​​​​​​