Wat is Wingerd- en Wynkunde?
Wynkunde is die wetenskap en studie van alle aspekte van wyn en wynmaak en wingerdkunde behels die kweek van wingerd en die oes van druiwe. "Wingerd- en wynkunde" is die algemene benaming vir opleidingsprogramme en navorsingsentra wat die hele bedryf insluit.
Die Departement Wingerd- en Wynkunde (DWW) is die enigste universiteitsdepartement in Suid-Afrika wat voorgraadse- en nagraadse kursusse in Wingerd- en Wynkunde aanbied. Die Department het goed toegeruste fasiliteite tot sy beskikking wat eksperimentele en kommersiële wingerde, 'n kleinskaalse eksperimentele kelder vir onderrig en 'n nywerheidskaal kelder vir navorsings- en opleidingsdoeleindes insluit. Navorsingsprojekte word gerugsteun deur mededingende toekennings aan die Department van die kant van nywerheids- en regeringsinstansies. Die Departement geniet nasionale en internasionale erkenning en handhaaf noue bande en navorsingsamewerking met talle nasionale en internasionale universiteite en navorsingsinstansies. Die uitruil van studente en personeel, en vele gesamentlike navorsingsprojekte word moontlik gemaak deur onderlinge ooreenkomste.
Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT)
Die Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT) is as deel van 'n kennisvennootskap en strategiese alliansie tussen die Universiteit Stellenbosch, die wynbedryf en die Suid-Afrikaanse regering in 1995 gevestig. Die IWBT is 'n internasionaleal erkende nagraadse onderrrig- en navorsingsinstituut.
Program Inligting
Voorgraadse Programme
- BScAgric Wingerd- en Wynkunde (Algemeen)
- BScAgric Wynkunde (Gespesialiseerd)
Nagraadse Programme
Navorsing
Die hoofdoel van die navorsingsaktiwiteite in die Departement is om 'n bydrae te lewer om die Suid-Afrikaanse bedryf in staat te stel om op die koste-doeltreffenste wyse wyn- en wingerdprodukte van hoë gehalte te lewer met die hulp van omgewingsvriendelike tegnologieë. Bedryfsgekoppelde navorsing wat deur middel van tegnologie-oordrag aan die bedryf geïmplementeer kan word, word voortdurend onderneem.
Die navorsing is multidissiplinêr en integreer tradisionele wyn- en wingerdkunde met vakrigtings soos fisiologie, biochemie, molokulêre biologie en biotegnologie van wingerd, suurdeeg- en melksuurbakterieë, wynchemie, sensoriese wetenskappe en besyferingsbiologie.
Wingerdkunde. Die wingerdbou-navorsing wat deur die Departement onderneem word, is ingestel op die ontwikkeling van nuwe, innoverende en toepaslike kennis van die wingerdstok en die kweking daarvan. Die navorsing en eksperimentering in die veld van wingerdwetenskappe (wyn en tafeldruiwe) fokus op die effek van abiotiese faktore (lig, temperatuur, wind en water) op die ekofisiologie van wingerdstokfunksionering, korrelgroei en samestelling.
Wynkunde. Die wynkundenavorsing fokus op die invloed van die wynmaakproses (soos suurstoftoevoegings), mikro-organismes (suurdeeg en bakterieë), bymiddels (soos ensieme en CMC) en rypheid op wynsamestelling, styl en gehalte, sowel as die invloed van verskeie faktore op wynveroudering. Navorsers werk nou saam met vennote in die bedryf en help probleme oplos waarmee wynmakers op 'n fundamentele en 'n praktiese vlak te doen kry.
'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report
Kontakbesonderhede
Departement Departement Wingerd- en Wynkunde (DWW)
Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika
Tel: +27 (0) 21 808 4545 | E-pos: gburton@sun.ac.za
Web: http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/viticulture-oenology/
Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT)
Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika
Tel: +27 (0) 21 808 3770 | E-pos: lorette@sun.ac.za
Web: http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/wine-biotech/
Personeel
Akademiese Personeel
Naam | Tel. | E-pos | Fokus area
|
Eunice Avenant | 021 808 4784 | avenant@sun.ac.za | Table Grapes |
Prof Florian Bauer | 021 808 4346 | fb2@sun.ac.za | Yeast Molecular and Cellular Biology |
Dr Erna Blancquaert | 021 808 4711 | ewitbooi@sun.ac.za | Viticulture |
Dr Astrid Buica | 021 808 9201 | abuica@sun.ac.za | Oenology; Analytical Chemistry |
Prof Benoit Divol | 021 808 3141 | divol@sun.ac.za | Wine Microbiology; Departmental Chairperson
|
Prof Maret du Toit | 021 808 3772 | mdt@sun.ac.za | Wine Microbiology and Biopreservation |
Prof Wessel du Toit | 021 808 2022 | wdutoit@sun.ac.za | Wine Chemistry |
Prof Antonio Ferreira | +351225580001 | antoniof@sun.ac.za | Flavour Chemistry |
Marianne McKay | 021 808 3774 | marianne@sun.ac.za | Wine Chemistry, Wine Aroma, Sensory Evaluation |
Dr John Moore | 021 8082733 | moorejp@sun.ac.za | Grapevine Biochemistry, Metabolomics |
Dr Hélène Nieuwoudt | 021 808 2748 | hhn@sun.ac.za | Spectroscopy |
Dr Carlos Poblete-Escheverria
| 021 808 2747
| cpe@sun.ac.za | Viticulture |
Dr Evodia Setati | 021 808 9203 | setati@sun | Wine Microbiology |
Dr Albert Strever | 021 808 4730 | aestr@sun.ac.za | Grapevine Cultivation and Remote Sensing |
Prof Melané Vivier | 021 808 3773 | mav@sun.ac.za | Grapevine Molecular and Cellular Biology |
Dr Philip Young | 021 808 9204 | pryoung@sun.ac.za | Grapevine Molecular Physiology, Biotechnology |
Tegniese Personeel
Naam | Tel. | E-pos | Laboratorium |
Anne Alessandri | 021 808 2748 | anneb@sun.ac.za | Liaison Officer: Viticulture & Oenology Internships |
Jeanne Brand | 021 808 2571 | jeanne@sun.ac.za | Sensory Lab |
Lynn Engelbrecht | 021 808 9212 | lynn@sun.ac.za | Bacteriology Lab |
Samantha Fairbairn | 021 808 9200 | fairbairn@sun.ac.za | Fermentation Lab |
Olwethu Fana | 021 808 2671 | fana@sun.ac.za | Sensory Lab |
Hugh Jumat | 021 808 9249 | hugh@sun.ac.za | Chemical Analytical Lab |
Krynauw Stevie | 021 772 3769 | skrynauw@sun.ac.za | Program analyst |
Michelle Korkie | 021 808 3796 | mkorkie@sun.ac.za | Tissue-culture Lab |
Lindani Kotobe | 021 808 4786 | lindani@sun.ac.za | Quality Control Lab |
Edmund Lakey | 021 808 4672 | elakey@sun.ac.za | Oenology; Experimental Cellar |
Wandisa Maxiti | 021 808 2671 | maxiti@sun.ac.za | Sensory Lab |
Marisa Nell | 021 808 9205 | mnell@sun.ac.za | Oenology; Experimental Cellar |
Valeria Panzeri | 021 808 9206 | panzeri@sun.ac.za | Sensory Lab |
Hendrik September | 021 808 4868 | | Welgevallen Vineyards |
William Smith | 021-808 2925 | | Welgevallen Cellar |
Candice Stilwaney | 021 808 3824 | cmockert@sun.ac.za | Fermentation Lab |
Dirk Swarts | 021 808 4868 | | Technical Assistant, Welgevallen Vineyards |
Andy van Wyk | 021 808 4672 | andy@sun.ac.za | Experimental Cellar |
Riaan Wassüng | 021 808 2925 | rfw@sun.ac.za | Cellar Master, Welgevallen Cellar |
Anke Berry | 021 808 9199 | avm@sun.ac.za | Viticulture Lab |
Dr Anscha Zietsman | 021 808 3824 | jjv2@sun.ac.za | Grapevine Molecular Lab |
Administratiewe Personeel
Naam | Tel. | E-pos |
|
Geraldine Burton | 021 808 4545 | gburton@sun.ac.za | Undergraduate enquiries |
Lorette de Villiers
| 021 808 3770
| lorette@sun.ac.za | Postgraduate enquiries
|
Somi Radasi | 021 808 3797 | nradasi@sun.ac.za | Departmental manager
|
Jacomi van der Merwe | 021 808 2749 | jacomi@sun.ac.za | Finances
|
Assistente
Naam | Tel. | E-pos |
|
Egon Februarie | 021 808 3770 | efebs@sun.ac.za | Maintenance Coordinator & cleaning tasks at JH Neethling Building |
Tania Jansen | 021 808 3770 | jansen@sun.ac.za | Cleaning & catering tasks at JH Neethling Building |
Judy Williams | 021 808 4545 | jpoole@sun.ac.za | Cleaning & catering tasks at Paul vd Bijl Building |