AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Grondkunde​

​​​​Wat is Grondkunde?

Grondkunde fokus op die belangrikheid van grond as 'n baie stadig hernubare natuurlike hulpbron. Dit behels die studie van die eienskappe en prosesses wat in gronde voorkom, sowel as die volhoubare gebruik en bestuur van grond.  In die lig van die snelgroeiende bevolking, moontlike toekomstige watertekort​e, toenemende besoedeling, grondagteruitgang en die immergroeiende voedselbehoeftes is Grondkunde waarskynlik een van die sleutelfaktore vir 'n voorspoedige toekoms vir die mensdom.  

Die Departement Grondku​​nde

Die Departement Grondkunde beskou die bestuur en verbetering van suidelike Afrika se grond as van deurslaggewende belang en daar rus 'n enorme verantwoordelikheid op die skouers van navorsers in hierdie veld om die grond sinvol en volhoubaar te gebruik. Die Departement Grondkunde gee onderrig en doen navor​sing in al die hoof sub-dissiplines van Grondkunde, insluitend grondvorming en klassifikasie (Pedologie), landevalueering, grondchemie, grondvrugbaarheid, grondfisika, grondwaterbestuur, grondhidrologie, afstandswaarneming van grond, grondbiologie en grondekologie. Voorgraadse studente word toegerus met fundamentele wetenskaplike kennis rakende grond, maar word ook aan praktiese ervaring blootgestel. Dit sluit in hoe om grond in die veld te klassifiseer en die opstel van land geskiktheid opname, hoe om grond chemiese en fisiese eienskappe te analiseer, hoe die resultate van die analise te interpreteer en die skryf van wetenskaplike verslae. Nagraadse studente word begelei om instaat te wees om eksperimente te ontwerp, data te analiseer en te interpreteer, en navorsing vir publikasie in eweknie-geëvalueerde publikasies op te skryf.​


Programinligting

Voorgraadse pro​gramme

BScAgric (Plant en Grondwetenskappe) 

Hierdie vier-jarige program in Gewasproduksiestelsels dek opleiding in die produksie van gewasse soos akkerbou -en groente gewasse, weiding , sagtevrugte, sitrus en wingerd. In hierdie program is daar drie studierigtings waaruit jy kan kies :

  • Gewasproduksie
  • Gewasbeskerming en-teling
  • Grond-en waterbestuur

In die gebied van Grond- en waterbestuur, word studente opgelei om die aard, belang en bestuur van grond en water te verstaan soos wat dit betrekking het op die produksie van gewasse en om omgewingsfaktore te bestuur. Jy kan Grondkunde en een van die volgende ander vakke: Agronomie, Chemie, Hortologie, Plantpatologie of Wingerdkunde as hoofvakke neem. Hierdie stroom berei jou vir 'n verskeidenheid loopbane in die landbou-industrie of omgewings verwante nywerhede, insluitend beroepe soos konsultant, entrepreneur, bestuurder, tegnikus of navorser voor.​


Nagraadse progra​​mme

MScAgric (Grondkunde)
Hierdie program bestaan uit 'n twee-jaar navorsing-gebaseerde MScAgric-graad. Navorsing van 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement. 'n MSc-tesis, Grondkunde 878, met oorspronklike navorsing is nodig. Aan die einde van die studie 'n aanvaarbare tesis ingedien moet word en 'n mondelinge eksamen sal gehou word.​

PhD (Agric) (Grondkunde)
Hierdie program fokus op navorsing in een van die verskillende spesialiteitsgebiede van grondkunde en lei studente tot 'n vakspesialis in hierdie gebied. 'n PhD-verhandeling, Grondkunde 978, met oorspronklike navorsing is nodig. Navorsing van 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement. Aan die einde van die studie 'n aanvaarbare tesis moet ingedien word. 'n Mondelinge eksamen sal gehou word.​


Navorsing​

Die Departement Grondkunde speel 'n beduidende rol in die welsyn en sinvolle bestuur van Suid-Afrika se grondhulpbronne.  Die Departement se navorsing sluit onder andere die volgende in:  die invloed van landbou-aktiwiteit op die versouting van die Bergrivier, die waterbalans van gesproeide vrugtegewasse, die modellering van waterbeweging, hersirkulering van grond wat deur industriële afvalprodukte  versuur is, behandeling van grond met steenkool (biochar), grondfertiliteit by kleinskaalse boerdery, ekostelsels en biodiversiteit, en die beskerming van natuurlike hulpbronne teen besoedeling.

Afrika-inisiatiewe sluit navorsing oor grondbegrensings by kleinskaalse landbou in Zambië en oor plantasiekweking van kiaat (teak) in die Soedan in.  Ekologiese grondondersoeke sluit faktore soos grondinfiltreerbaarheid, determinante van savanna-graslandgrense, herstel van verswakte subtropiese kreupelhout, afsterwing van bome in die Ngorogoro-krater en bewaring van die swartrenoster in.​

​​

​​Kontakbesonderhed​e

Department Grondkunde

Fakulteit AgriWetenskappe

Posadres: Private Bag X1, Matieland, 7602, South Africa

Straatadres: Lombardi Gebou, Kamer 3005, Victoria Str, Stellenbosch, 7600, Suid-Afrika

Tel.:  +27 21 808 4794        Fax:  +27 21 808 4791

E-posl:  aef1@sun.ac.za      Web:  www.sun.ac.za/soil

Facebook:  Department of Soil Science, Stellenbosch University


Personeel

Akademise en Navorsingspersoneel

Akademise en Navorsings personeel​Telefoon​Epos​​Gebied van belang​

Dr Eduard Hoffman 
Departeme​nt Voorsitter

+27 21 808 4789

​ehoffman@sun.ac.za​

Grondfisika, Grondwaterbestuur

Dr Andrei Rozanov
Senior Lektor
+27 21 808 2397dar@sun.ac.zaGrondbiologie, Grondkarteering, GIS
Dr Ailsa Hardie
Senior Lektor
+27 21 808 4790   aghardie@sun.ac.zaGrondchemie, Grondvrugbaarheid
​Dr Cathy Clarke
Lektor
+27 21 808 3659cdowding@sun.ac.zaPedologie and Land Evaluasie​​
Mr Eugene (Vink) Lategan
Navorser
+27 21 808 4794
vink@sun.ac.za​Grondfisika, Grondwaterbestuur​​
Dr John Simaika     
Nadoktoralevernoot
+27 21 808  2558
simaikaj@sun.ac.za​Grondekologie
Dr Anthony Mills
Buitegewoone Professor
+27 21 715 1560  
​mills@sun.ac.zaGrondekologie
Dr Johan van Zyl  
Buitegewoone Professor
​​+27 21 808 4787​johanvz@sun.ac.za
Grondfisika, Grondwaterbestuur​​

                                     

​Ondersteunende ​Personeel

Onderstunende Personeel​Telefoon​​Epos
Mev Annatjie French  
Departementele Sekretaresse
+27 21 808 4794   aef1@sun.ac.za
Mev Tatiana Tarassova
Labratorium Bestuurder
+27 21 808 9589    
tarassova@sun.ac.za
Mr Nigel Robertson  
Senior Tegniese Assistent
+27 21 808 4738
rob@sun.ac.za