AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Bewaringsekologie en Entomologie

​​​​​​Wat is Bewaringsekologie en Entomologie?​

Een van die grootste uitdagings is die bewaring van biodiversiteit, veral in natuurreservate, landbougrond, stede, mynbou- en bosbougebiede.  Die toenemende bevolkingsgroei in ontwikkelende lande is 'n verdere uitdaging.  Dit veroorsaak oorontginning van planthulpbronne en die uitbuiting van wilde diere sowel as verandering en verlies van habitat.  Bewaringsekologie en Entomologie streef daarna om 'n gesonde biologiese netwerk te verseker – wat alle bestaande spesies insluit – om die vooruitgang van die hele ekosisteem te waarborg.​

Die Departement Bewaringsekologie en Entomologie

Die Departement Bewaringsekologie en Entomologie is 'n toekomsgerigte, dinamiese departement met 'n duidelike landbou- en bosbougerigtheid wat in sy visie, missie en strategiese doelstellings getoon word, naamlik om 'n uitnemendheidsentrum van wêreldgehalte vir onderrig, navorsing en tegnologie te wees.  Dit bring 'n aansienlike korps van onderrig en navorsing byeen in die snelgroeiende en belangrike veld van die bewaring van benutte landskappe en hul omgewings.  In beginsel is die doel om volhoubare landbou- en bosbouproduksie te hê sonder om die natuurlike lewensvatbaarheid van die landbougrondmosaïek in gevaar te stel.  Onder hierdie oorkoepelende bewaring in die landbou- en bosbouverband strek die kundigheidsvlakke van geïntegreerde plaagbestuur, bewaring van natuurlike gemeenskappe, bestuur van lewende hulpbronne en bewaringsbeleidformulering tot tegnologieoordrag.

Programinligting

Voorgraadse Programm​​​e​ 

  • ​BSc in Bewaringsekologie​

Nagraadse Programme​

MSc Programme

  • MSc in Bewaringsekologie
  • MSc in Entomologie

PhD Programme

  • PhD in Bewaringsekologie
  • PhD in Entomologie

Navorsing​

Navorsing in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie sluit 'n breë versameling suiwer en toegepaste bewarings- en entomologiese navorsingsonderwerpe in. Die fokusterreine is bewaringsbeplanning en -bestuur, restorasie- en landskapekologie, invertebraat- en vertebraatbewaring, bewaring van simbioses, gebiedwye plaagbestuur van boomoeste en toegepaste fisiologiese ekologie.

Die Departement is 'n leier in navorsing oor die herstel van natuurlike plantegroei in die dor streke van Suid-Afrika, waaronder myne in Namakwaland, weiveld in die Klein- en groter Karoo asook bewaringsgebiede in die Wes-Kaap.  Navorsing oor bewaringsbeleid­ontwikkeling behels die bepaling van die bewaringseienskappe van natuurlikehulpbron-bestuursbeleide in suidelike Afrika met die doel om hul biodiversiteit en sosio-ekonomiese uitsette te optimaliseer.

Die Entomologie-navorsingskomponent van die Departement het drie hooffokusterreine: insekekologie en -bewaring, sistematiek en geïntegreerde plaagbestuur (IPM).  Invertebrate bewaringsbiologie fokus op landboukundige en varswaterstelsels sowel as tropiese en sub-Antarktiese eilande en diere parasietologie.  Sistematiek-navorsing fokus op die Hepialoidea, Zygaenoidea en Tortricicoidea (Lepidoptera), veral die sistematiek van ekonomies belangrike plaagtaksisse.  IPM hanteer navorsing oor insek- en mytplae en navorsing oor entomopatogene nematodes.​

'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report

Kontakbesonderhede

Departement Bewaringsekologie en Entomologie

Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika​

Tel.: 021 808 4775 (Entomologie)  / 021 808 3304 (Bewaringsekologie)
Faks: 021 808 4821 / 021 808 4807
E
-pos:  mwenn@sun.ac.za​ / collouw@sun.ac.za
Web:  http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/conservation-ecology/

Personeel ​

Akademies

 

PersoneellidTelefoon-nommerE-pos adresSpesialiteitsrigting
Mr MF Addison,  021 808 2546/4671mfa@sun.ac.zaGeïntegreerde plaagbestuur
Dr P Addison 021 808 4671pia@sun.ac.zaInsekdiversiteit;
Geïntegreerde plaagbestuur
Prof KJ Esler 021 808 4005kje@sun.ac.zaPlant-ekologie;
Voorsitter
Dr S Jacobs 021 808 4441sjacobs@sun.ac.zaEkologie
Dr S Johnson 021 808 2694sjohnson@sun.ac.zaGeïntegreerde plaagbestuur
Dr A Leslie 021 808 2487aleslie@sun.ac.zaEkologie
Dr A Malan 021 808 2821apm@sun.ac.zaNematologie
Ms R Malgas 021 808 3299rmalgas@sun.ac.zaVolhoubare natuurlike hulpbronbestuur
Dr S Matthee 021 808 4777smatthee@sun.ac.zaParasietologie;
Parasiet-ekologie;
Kleinsoogdier-ekologie
Dr KL Pringle 021 808 4776klp@sun.ac.zaGeïntegreerde plaagbestuur
Dr J Pryke 021 808 9222jpryke@sun.ac.zaBewaring van biodiversiteit
Dr F Roets 021 808 2635fr@sun.ac.zaEkologie
Prof MJ Samways 021 808 3728samways@sun.ac.zaInsekbewaringsekologie
Prof J Terblanche 021 808 9225jst@sun.ac.zaFisiologiese entomologie
Dr R Veldtman 021 808 9441veldtman@sun.ac.zaToegepaste insek-ekologie
Prof D Conlong  031 508 7477des.conlong@sugar.org.zaHabitat en geïntegreerde plaagbestuur; Buitengewone Professor
Prof B Reyers belinda.reyers@su.se

Biodiversiteit en ekosisteemdienste;
Buitengewone Professor

​Dr R Gaigher​021 808 4021​reneg@sun.ac.za​Bewaringsekologie
​Dr D Biggs​d.biggs@uq.edu.au​Natuurbewaring in Sosio-ekologiese sisteme;
Buitengewone Senior Lektor


 

Ondersteuningpersoneel

PersoneellidTelefoonnommerE-pos adres 
Fundi Bikitsha 021 808 9228fnkumbi@sun.ac.za 
Marlene Isaacks 021 808 9207mcup@sun.ac.za 
Riaan Keown 021 808 4779riaank@sun.ac.za 
Colleen Louw 021 808 4775collouw@sun.ac.za 
Celeste Mockey 021 808 4529cmockey@sun.ac.za 
Monean Jacobs 021 808 3304mwenn@sun.ac.za