AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Plantpatologie

Wat is Plantpatologie?

Plantpatologie word omskryf as die studie van die organismes en omgewingstoestande wat siekte in plante veroorsaak, die meganismes waardeur dit voorkom, die interaksies tussen hierdie veroorsakende faktore en die plant (uitwerking op plantgroei, opbrengs en gehalte), en die metodes waardeur plantsiekte bestuur en beheer word.  Dit maak ook gebruik van ander wetenskaplike velde soos mikologie, mikrobiologie, virologie, biochemie, bio-informatika, ens.​

Die Departement Plantpatologie

Dit is die visie van die Departement om nasionaal en internasionaal erken te word as 'n akademiese departement wat onderrig en navorsing van die beste gehalte bied deur 'n omgewing te skep wat die ontwikkeling en produktiwiteit van studente en personeel ondersteun en aanmoedig. Dit word gedoen deur verbintenisse met die bedryf te vestig en in stand te hou,deur strategies gerigte navorsingsprogramme en dienslewering, en deur nasionale en internasionale samewerking te kweek vir innoverende en voorpunt-navorsing wat op volhoubare voedselproduksie gerig is.

Die Departement Plantpatologie het 'n holistiese en interdissiplinêre benadering tot navorsing en opleiding en maak van die jongste tegnologieë gebruik ten einde die impak van patogene op plante te verminder en die weerstand van plante te verhoog. Konvensionele en molekulêre tegnieke word op 'n volhoubare en ekonomiese wyse gebruik om plantpatogene wat 'n bedreiging vir plaaslike oeste en uitvoermarkte is, te beheer.

Programinligting​​

Voorgraadse programme

BScAgric (Plant en Grondwetenskappe) 

Die vierjaarprogram in plant- en grondwetenskappe bied opleiding in die produksie van akkerbou- en groentegewasse, weidingsgewasse, aromatiese plante, sagtevrugte, sitrus, fynbos en wingerd. Vir elke gewas is kennis van die volgende in 'n betekenisvolle geheel geïntegreer:  landbou-ekonomie, biochemie, biometrie, oesproduksie, entomologie, genetika, nematologie, plantpatologie en grondkunde.

In hierdie program is daar drie studierigtings waaruit studente kan kies. 

  • Gewasproduksiestelsels: In hierdie studieterrein ontvang jy opleiding in die produksie en gehaltebestuur van onder andere akkerbougewasse, sagtevrugte, sitrus, fynbos, wingerd en kweekhuisgewasse.
  •  Gewasbeskerming en -teling: Hierdie studieterrein lei jou op as deskundige in gewasbeskerming  (entomologiese en nematologiese plae, plantsiektes en die beheer daarvan) en genetiese gewasverbetering (kweking en manipulasie).​
  • Grond- en Waterbestuur:  Hierdie studieterrein rus jou toe met die kundigheid om die aard, belangrikheid en bestuur van grond en water met betrekking tot gewasproduksie te verstaan.

Die keuse van studie in een van hierdie drie rigtings berei jou voor vir verskeie loopbane in die landboubedryf of landbouverwante industrieë, waaronder loopbane as adviseur, konsultant, entrepreneur, bestuurder, tegnikus en navorser. 

Nagraadse programme​

HonsBSc (Plantpatologie)

MSc (Plantpatologie)

PhD (Plantpatologie)

Navorsing​

Die Departement Plantpatologie is aan die voorpunt van navorsing om die impak van patogene (aansteeklike siektes) op oeste te verminder en oesweerstand te verhoog en sodoende momentum aan voedselproduksie te verleen.  Dit word al belangriker omdat 40% van alle voedsel wat geproduseer word weens plantsiekte, plae en onkruid verlore gaan en die wêreldbevolking teen die jaar 2050 'n geraamde 9 biljoen sal bereik.

Die Departement word weens sy programme oor patogene in wingerd en sagtevrugte-oeste as 'n wêreldleier beskou en gegradueerdes speel, nie net in Suid-Afrika nie maar ook internasionaal, 'n leiersrol in hierdie veld.  Navorsing is veral gerig op die beskerming van vrugte-, sitrus-, groente- en graanoeste deur middel van geïntegreerde patogeenbestuur en plantverbetering.

Navorsingsprogramme oor siektes van druiwe en sagtevrugte is stewig in die Departement gevestig, terwyl navorsingsprojekte oor siektes van sitrus-, groente- en graanoeste meer onlangs ingestel is.​

'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report

Navorsingsfokusterreine

  • Vooroes Siektebestuur
  • Naoespatologie
  • Molekulêre Plantpatologie

 

Navorsingskundigheidsterreine

  • Fusarium Navorsing
  • Vrug- en Naoes-patologie
  • Wingerdpatologie
  • Sitruspatologie
  • Oömiseetkarakterisering en -opsporing

 

Kontakbe​sonderhede

Departement Plantpatologie

Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika​

Tel: +27 21 808 4799             
E-Mail:  ls3@sun.ac.za            Web: www.sun.ac.za/plantpath​​


 

Personeel

Akademies

PersoneellidTelefoonnommerE-pos adresRigting
Prof Paul Fourie021 808 4799phfourie@sun.ac.zaSitruspatologie
[Buitengewone Mede-Professor]
​Dr Francois Halleen​021 808 4799​halleenf@arc.agric.za​Wingerdpatologie
[Buitengewone Mede-Professor]
Dr Cheryl Lennox021 808 4796clennox@sun.ac.zaVrug- en Naoes-patologie
​Prof Mark Mazzola​021 808 4799​mark.mazzola@ars.usda.gov​Oömiseet en Grondgedraagde Patogene [Buitengewone Professor]
Prof Adéle McLeod021 808 4795adelem@sun.ac.zaOömiseet en Grondgedraagde Patogene
Dr Lizel Mostert021 808 3397lmost@sun.ac.zaWingerdpatologie
Me Lindy Rose021 808 9176lindym@sun.ac.zaFusarium Navorsing
​Dr Jan van Niekerk
​021 808 3721
​janvn@cri.co.za​Sitruspatologie
[Navorsingsgenoot]
Prof Altus Viljoen021 808 4797altus@sun.ac.zaFusarium Navorsing [Voorsitter]


 

Tegniese & Ondersteunend Personeel

 

Personeellid)TelefoonnommerE-pos adresRigting
​Elveresha Davids
​021 808 9177
​elveresha@sun.ac.za​Assistent
Brenda de Wee021 808 4223bdw2@sun.ac.zaSiektekliniek
Sonja Coertze021 808 4798sc2@sun.ac.zaTegnies / Siektekliniek
Desiree Fortuin021 808 4223desdek@sun.ac.zaSkoonmaak 
Tamaryn Jensen021 808 4223tammy@sun.ac.zaSiektekliniek
​Lonette Kleinhans
​021 808 4223
​lonette@sun.ac.za​Siektekliniek
​Michelle Leibrandt
​021 808 9177
​mleibrandt@sun.ac.za​Assistent
​Dr Julia Meitz-Hopkins
​021 808 9177
​juliam@sun.ac.za​Tegnies
Anria Pretorius021 808 4223anriap@sun.ac.zaTegnies
Lizeth Swart021 808 4799ls3@sun.ac.zaAdministratief
André Williams021 808 4223aw3@sun.ac.zaAssistent