Die eerste stoel in Drama aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit is in 1961 deur prof. H. B. Thom ingestel. Hierdie departement, met prof. Fred Engelen as hoof van Drama, is gehuisves in die ou Chemie Departement gebou van die Victoria Kollege. Die ou "Nederlandse" saal van die gebou is omskep in 'n eksperimentele teater met 110 sitplekke. By die openingseremonie van die eksperimentele teater het prof Thom sy wens uitgespreek om 'n volwaardige universiteitsteater te sien. Prof. Engelen, wat hierdie visie gedeel het, het 'n intensiewe veldtog geloods vir die bou van so 'n teater. Eers vier jaar later, in Augustus 1965, het die droom op materiële vorm en die grondslag van die H.B. Thom Theatre is in gewapende beton gelê. 

 

Emile Aucamp is aangestel as Hoofteater Tegnikus - 'n posisie wat hy in 1995 tot sy ontydige dood sou hou. Mnr Jos Willems was die teaterbestuurder totdat hy in die vroeë 1980's afgetree het. Op 7 Oktober 1966 het die H.B. Thom Theatre in styl geopen met die eerste Afrikaanse produksie van FAUST onder leiding van prof. Engelen en Siegfried Mynhardt in die hoofrol. Op 23 November 2019 is die teater herdoop na die Adam Small Theatre Kompleks na verskeie renevasies en die toevoeging van die Lab teater.​