Extended Degree Program in Arts and Social Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​BA Studentek​omitee ​

2021 BASK.jpg

Die BA Studentekomitee (BASK) is die verteenwoordigende studenteliggaam van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die komitee bestaan uit agt BA studente wat die studente dien deur verskeie portefeuljes wat 'n afgeronde en stimulerende akademiese ondervinding wil verseker. Die komitee het die opdrag om akademiese navrae te beantwoord, sosiale en kulturele bewustheid te bevorder en staan aan die hoof van verskeie inisiatiewe relevant tot die BA-studentegemeenskap en die Universiteit Stellenbosch. Ons doel is om 'n inklusiewe en deursigtige fakulteit te verseker wat oop kommunikasie tussen fakulteit en studente bevorder. 

Ons kerndoel sluit in om te verseker dat studente tevrede is met hul modules in terme van kursusinhoud en om bystand te gee met enige griewe wat mag ontstaan. Die berekening van jou HEMIS-telling (Hoër Onderwys Inligtingbestuurstelsel) en akademiese telling is een van ons top prioriteite. In lyn met die universiteit se 2040 visie poog ons om ons studente toe te rus met die graduandi-eienskappe waarna US streef. Vir hierdie doel is BASK betrokke by verskeie inisiatiewe gerig op die bevordering van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en sy studente. Daardeur word hulle blootgestel aan die verskillende loopbaan-geleenthede wat beskikbaar is en die vele wyses waarop hulle hul BA graad kan toepas in 'n veranderende wêreld.

Voel vry om met ons te skakel oor enigiets wat jy voel 'n bydrae kan maak tot die uitbou van hierdie fakulteit en dit meer inklusief te maak vir almal. Jy kan ons kontak by bask@sun.ac.za, gaan kyk na ons sosiale media, of besoek ons kantoor by die ingang van die Lettere en Sosiale Wetenskappe gebou.​

Vir elke BASC verteenwoordiger se portefeulje, DRUK HIER.

<< Terug na die "Tuisblad"