MA-PROGRAM IN DRAMA- EN TEATERSTUDIE

Programbeskrywing

Kode: 54267

-        879(180)

-        889(180)

 

Toelatingsvereistes

60% gemiddeld in 'n HonsBA in Drama- en Teaterstudie (of 'n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur). Kandidate sal slegs vir toelating tot die graadprogram oorweeg word indien 'n aanvaarbare navorsingsvoorstel aan die Drama Departement voorgelê word.

 

Algemene struktuur

 

Fokus

 

Die program fokus, net soos die HonsBA-program in Drama- en Teaterstudie, op die konsep performance, maar op hierdie vlak verskuif die nadruk sterkter na opleiding in en die toepassingsmoontlikhede van selfstandige navorsing en skeppende werk in aansluiting by vorige opleiding. Die program het twee opsies.

 

879: 

Verpligte module

12817  - 871 (180 krediete): Tesis (Drama en Teaterstudie)

Daar kan van kandidate, wat nie in besit van 'n BA Hons van die Universiteit van Stellnbosch se Departement Drama is nie, verwag word om op aanbeveling van die studieleier die volgende module ter aanvulling te volg en slaag:

10116 - 771 (20 krediete): Teaternavorsing: Inleiding tot navorsingsmetodologie (

889:

Verpligte modules

10122 872 (90 krediete): Projekte (Drama en Teaterstudie)

12817 872 (90 krediete) : Tesis (Drama en Teaterstudie)

Daar kan van kandidate, wat nie in besit van 'n BA Hons van die Universiteit van Stellenbosch se Departement Drama is nie, verwag word om op aanbeveling van die studieleier die volgende module ter aanvulling te volg en slaag:

10116 - 771 (20 krediete): Teaternavorsing: Inleiding tot navorsingsmetodologie

Opmerking:

Toelating is onderhewig aan departementele goedkeuring na gelang van gekose projekte.

Projekte moet met die inhoud van die tesis verband hou.

 

Assessering en Eksaminering

879: Die volle tesis word deur een interne eksaminator en een eksterne eksaminator geassesseer.

889: Projekwerk word deurlopend geassesseer deur drie interne eksaminatore. Hierdie assessering kan 'n mondeling insluit. Die 90 krediet-tesis word deur een interne eksaminator en een eksterne eksaminator geassesseer.

Navrae

Programkoördineerder Prof Petrus du Preez

Tel: 021 808 3208   E-pos: cntr@sun.ac.za