ESAT

ESAT  is 'n Wiki-gebaseerde, aanlyn, vrye toegang ensiklopedia, huidiglik onder redaksie van Temple Hauptfleisch (stigter, redakteur en projek direkteur), met Freddy Ogterop, Johann van Heerden en Miriam Terblanche as assistent redakteurs.  Dit word gehuisves deur Stellenbosch Universiteit.

 

Ontwikkel in die vroeë 1980's en geregistreer as 'n navorsingsprojek in 1994 deur Temple Hauptfleisch, was die oorspronklike doelwit om dit in boekformaat te publiseer. In 2008 het die omskakeling plaasgevind na die huidige digitale, aanlyn publikasie wat in 2011 beskikbaar gestel was vir publieke toegang.  Die huidige publieke toegang verwysingswerk is die resultaat van 'n antionale navorsingsprogram wat 'n aansienlike aantal navorsers, vrywillige skrywers, redakteurs en tegniese ondersteuning van meer as 15 jaar behels.  Donasies van verskeie instansies is ontvang onder andere die prominente Human Sciences Research Council (HSRC), Die National Research Foundation (NRF) en die Universiteit Stellenbosch.