Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kursusaanbod

​​​


HonsBA Joernalistiek​

Die HonsBA Joernalistiek is na alle waarskynlikheid die gewildste van al die nagraadse programme wat deur die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch aangebied word. Meer as 100 applikante doen elke jaar aansoek om tot hierdie jaarlange, voltydse program toegelaat te word.

Klik hier vir meer inligting oor die honneursprogram.

Kontak die kursussameroeper, Dr Marenet Jordaan by marenet@sun.ac.za of tel: 021 8082625.



MA Joernalistiek

Die MA in Joernalistiek is ’n 180 kredietprogram wat gebaseer is op ’n virtuele klaskamerstelsel, en is die enigste modulêre kursus van sy soort in Suid-Afrika. Studente hoef Stellenbosch slegs op spesifieke tye te besoek om aan seminaarweke deel te hê. Die kursus is veral gewild onder professionele mediawerkers wat hul kwalifikasies wil verbeter en hul loopbane wil bevorder. Die US laat altesame vier jaar toe vir ’n student om die meestersgraad te voltooi.

Klik hier vir meer inligting oor die meestersprogram.

Konak die kursussameroeper, Dr Gawie Botma by gbotma@sun.ac.za of tel: 021 8083488.

PhD Joernalistiek​

Om tot die doktorsgraadprogram toe gelaat te word, moet die kandidaat reeds oor ’n erkende meestersgraad in Joernalistiek of Kommunikasie beskik – soos uiteengesit in die toelatingsriglyne van die Universiteit. Toelating tot doktorsgraadstudie sal oorweeg word op grond van ’n navorsingsvoorstel.

Klik hier vir meer inligting oor die doktorsgraadprogram.

Kontak die kursussameroeper, Dr Gawie Botma by gbotma@sun.ac.za of 021 808 3488.