Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​Hoe doen ek aansoek vir:



​​BA Honneurs

​​(Joernalistiek)​

​​​

Stap 1:

Alle studente wat by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is in die jaar wat hulle wil aansoek doen, kan tussen Junie en Augustus elke jaar na mev. Babsie van Zyl in Admin A, Kantoor 3003 gaan. Sy sal vir u 'n vorm gee om in te vul. ​​

As u nie 'n student by die Universiteit Stellenbosch is nie, moet u elektronies by die adres aansoek doen: http://www0.sun.ac.za/pgstudies/

BAIE BELANGRIK: indien u elektronies aansoek doen, moet u onthou om die volgende drie goed voor die sperdatum by u aansoek aan te heg: 

1) onthou om alle vorms te teken, 
2) onthou om die aansoekgelde te betaal en, 
3) onthou om u akademiese rekords by die elektroniese aansoek te heg. Indien u dit nie doen nie, sal u aansoek nie aanvaar word nie.

Sperdatum vir alle aansoeke: 31 Augustus van elke jaar.

Stap 2: ​

​Alle aansoekers moet 'n toets skryf wat hul verwysingsraamwerk en skryfvaardigheid sal toets. Die toetse kan by  verskillende sentra geskryf word. Aansoekers sal in kennis gestel word wanneer die toetse geskryf word. Indien u teen die eerste week van September nog nie van 'n toets gehoor het nie, skakel die Departement Joernalistiek by 021 808 3488 om te hoor wanneer en waar u die toets kan afle.

Stap 3:

Indien u die toets sou slaag, sal u vir 'n onderhoud genooi word. Aansoekers moet self die departement kontak om te hoor of hulle die toets geslaag en of hulle vir 'n onderhoud genooi word. Alle onderhoude sal by dieselfde bogenoemde toetssentra gehou word.

Stap 4:

Sowat 25 kandidate word gekeur om die BA Honneurs (Joernalistiek) in die daaropvolgende jaar te volg. Aansoekers kan by die onderhoud vra wanneer die uitslae van die finale keuringslys bekend sal wees. Op die gegewe datum kan aansoekers die Departement Joernalistiek weer skakel om te hoor of hulle keuring ontvang het.​​​

​MA (Joernalistiek)


Stap 1:

Alle studente wat by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is in die jaar wat hulle wil aansoek doen, kan tussen Junie en Augustus elke jaar na mev. Babsie van Zyl in Admin A, Kantoor 3003 gaan. Sy sal vir u 'n vorm gee om in te vul. 

As u nie 'n student by die Universiteit Stellenbosch is nie, moet u elektronies by die adres aansoek doen: http://www0.sun.ac.za/pgstudies/


BAIE BELANGRIK: indien u elektronies aansoek doen, moet u onthou om die volgende drie goed voor die sperdatum by u aansoek aan te heg:

1) onthou om alle vorms te teken,
2) onthou om die aansoekgelde te betaal en, 
3) onthou om u akademiese rekords by die elektroniese aansoek te heg. Indien u dit nie doen nie, sal u aansoek nie aanvaar word nie.

Sperdatum vir alle aansoeke: 31 Augustus van elke jaar.

Stap 2:

Alle aansoekers moet daarna vir die MA (Joernalistiek) koordineerder, prof. Lizette Rabe, 'n dekbrief en CV na lrabe@sun.ac.za stuur.

Stap 3: 

Alle aansoekers moet 'n toets skryf wat hul verwysingsraamwerk en navorsingsvaardigheid sal toets. Die toetse kan by verskillende sentra geskryf word. Aansoekers sal in kennis gestel word wanneer die toetse geskryf word. Indien u teen die eerste week van September nog nie van 'n toets gehoor nie, skakel die Departement Joernalistiek by 021 808 3488 om te hoor wanneer en waar u die toets kan afle.

Stap 4:

Aansoekers kan by hul gekose toetssentrum hoor wanneer die uitslae gereed sal wees en hoef nie, soos by die BA Honneurs, 'n onderhoud af te le nie. Aansoekers vir die MA (Joernalistiek) kan hoor of hulle vir die kursus gekeur is deur navrae aan die Departement Joernalistiek by 021 808 3488 of aan prof. Lizette Rabe by lrabe@sun.ac.za te rig.


​PhD (Joernalistiek)


Stap 1:

Kandidate wat vir die graad PhD (Joernalistiek) aansoek wil doen, moet aanlyn gaan by http://www0.sun.ac.za/pgstudies/. Tegniese bystand is beskikbaar byinfo@sun.ac.za


BAIE BELANGRIK: indien u elektronies aansoek doen, moet u onthou om die volgende drie goed voor die sperdatum by u aansoek aan te heg:

1) onthou om alle vorms te teken,
2) onthou om die aansoekgelde te betaal en, 
3) onthou om u akademiese rekords by die elektroniese aansoek te heg. Indien u dit nie doen nie, sal u aansoek nie aanvaar word nie.

Stap 2:

Die aansoeker sal dan 'n navorsingsvoorstel vir sy/haar PhD (Joernalistiek) studie moet inhandig. Die voorstel moet volgens 'n pro forma geskryf word, wat kan afgelaai word deur hier te klik. Enige verdere navrae in die verband kan gerig word aan die PhD (Joernalistiek) koordineerder, prof. ​​Lizette Rabe, by lrabe@sun.ac.za.  ​