Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Beurse


Die Departement Joernalistiek bied 'n hele aantal beurse en pryse aan studente wat die verskillende kursusse volg. In die BA Hons Joernalistiek-kursus word 'n groot aantal beurse deur media-instellings geborg.

  1. Die Departement van Joernalistiek kan  nie beurse vir suksesvolle aansoekers waarborg nie. Voornemende studente word aangemoedig om hul eie navorsing te doen om befondsing te bekom. Klik hier {insert link: http://www.sun.ac.za/english/maties/bursaries-loans} om die Universiteit se webbladsy oor Beurse en Lenings te besoek.

    Jy is welkom om die departement te kontak vir raad.

Vir meer inligting rakende enige van bogenoemde beurse, kontak gerus die departement by (021) 808-3488 of stuur e-pos aan lnewman@sun.ac.za.

BA Hons Joernalistiek-studente kan elke jaar om die volgende pryse meeding:

  • Die Car-prys, geborg deur Ramsay Media, vir die jaar se top-student;
  • Die Rowland Hill-prys, die Goue Pen, vir die beste diepte-projek;
  • Die Piet Cillié​-prys vir helder formulering en styl;​
  • Die Ton Vosloo prys vir kreatiwiteit en innovering;
  • Die fotografieprys vir die beste fotografie-portefeulje;
  • ​Die Christina Scott-prys vir wetenskapjoernalistiek, geborg deur prof G Claassen, vorige hoof en dosent in Wetenskap- en Tegnologiejoernalistiek

MA- en PhD-studente kan aansoek doen vir beurse by die Universiteit se webwerf by www.sun.ac.za.

Die top-M-student van elke jaar is die ontvanger van die Goue Pen-prys.​