Extended Degree Program in Arts and Social Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Wat is die VGP Mentor Program?​

Die VGP-mentorprogram is in 2015 ingestel nadat senior VGP-studente aangebied het om eerstejaar VGP-studente met hul aanpassing by die universiteit te ondersteun. Sedertdien kan senior VGP-studente jaarliks aansoek doen om as mentors vir eerstejaar VGP-studente op te tree. Na afloop van hul verpligte opleidingsessies ontmoet nuwe mentors weekliks hul mentorgroeplede, waar hulle fokus op aktiwiteite om die eerstejaars se suksesvolle integrasie in die akademiese gemeenskap te vergemaklik.

Die doel van die VGP-mentorprogram is om aan eerstejaar VGP-studente morele en akademiese steun te bied om hul selfvertroue op te bou en hulle te help om in hul nuwe akademiese omgewing sukses te behaal. Dit bied aan eerstejaar VGP-studente die geleentheid om hul geleefde ervarings en uitdagings te deel met 'n senior VGP-student wat soortgelyke uitdagings te bowe moes kom, en as 'n rolmodel kan dien vir dit wat met behulp van die VGP bereik kan word. 

Klik hier om die VGP Mentor Program PowerPoint 2022 af te laai.

Lees ook gerus die artikel oor die SOL Auxin-sessie wat op 23 April 2019 deur me. Shona Lombard aangebied is hier​. Sien fotos van die VGP-mentors van 2015 tot 2020 hier.

Eerste Ontmoeting

Tekste in die Geesteswetenskappe 113 Tutoriaaltydgleuf:
Groep 1: Maandag 14 Februarie 2022 @ 15:00 in lokaal 227
Groep 2: Dinsdag 15 Februarie 2022 @ 16:00 in lokaal 227

EDPMentorProgramme4.png2015 mentors​