Extended Degree Program in Arts and Social Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​Wat is die VGP-steunvakke​?

In hul eerste jaar op Universiteit neem VGP-studente twee hoofstroomvakke uit die eerstejaaraanbod van hul spesifieke graadprogram asook drie VGP-steunvakke, (i) Tekste in die Geesteswetemskappe 114 & 144 (12 krediete elk), (ii) Inligtingvaardighede 174 (12 krediete) en (iii) Inleiding tot die Geesteswetenskappe 178 (24 krediete). 

In hul tweede jaar op Universiteit neem VGP-studente die drie oorblywende hoofstroomvakke uit die eerstejaaraanbod van hul spesifieke graadprogram, sowel as een VGP-steunvakTekste in die Geesteswetenskappe 123 & 153 (12 krediete elk). Studente wat in hul eerste VGP-jaar 'n gemiddeld van 65% vir al hul vakke het, kan aansoek doen om voort te gaan met een hoofstroomvak in hul  tweede VGP-jaar. Die vakke in die derde en vierde studiejaar is dieselfde as die tweede en derdejaar-aanbiedinge van die hoofstroomprogram. ​​

Lees meer oor die VGP in die 2022 Jaarboek van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe deur hier te druk.