General Linguistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene Taalwetenskap 379

 

In 2016 bestaan Algemene Taalwetenskap 379 uit die volgende afdelings:

EERSTE SEMESTER
01/02 – 26/02

PROBLEEMOPLOSSING IN DIE TAALWETENSKAP:
KEUSE VAN ONDERWERP, LITERATUUROORSIG, METODOLOGIE

Dr L Mongie

29/02 – 01/04

KHOESAN-STUDIE

Dr M du Plessis

04/04 – 06/05

SINTAKSIS

Dr J Oosthuizen

09/05 – 13/05

SLUITSTEEN-VOORDRAGTE

 Dr J Oosthuizen

TWEEDE SEMESTER
18/07 – 22/07

SLUITSTEEN-VOORDRAGTE

 Dr J Oosthuizen

25/07 – 19/08

PROBLEEMOPLOSSING IN DIE TAALWETENSKAP:
ONTWIKKELING EN ASSESSERING VAN 'N NAVORSINGSPROJEK

Dr L Mongie

22/08 – 23/09

TAALBEPLANNING EN TAALBELEID

Dr M Oostendorp

26/09 – 21/10

MORFOLOGIE

Dr K Huddlestone

 

Daar is vier lesingperiodes per week:

  • Maandag 11:00 (Lettere-gebou, lokaal 220)
  • Woensdag 10:00 (Lettere-gebou, lokaal 221)
  • Donderdag 14:00 (Lettere-gebou, lokaal 222)
  • Vrydag 08:00 (Lettere-gebou, lokaal 222)

Taalspesifikasie

Die Departement is verbind tot die beginsel van meertaligheid sonder uitsluiting soos uiteengesit in die Fakulteit se taalimplementeringsplan.

  • Lesings word in Engels aangebied. Waar prakties uitvoerbaar word ondersteuning gebied om toegang te verseker tot kursusinhoud, lesingmateriaal en -aktiwiteite in Afrikaans (bv. PowerPoint-skyfies, lesingnotas, terminologielyste, elektroniese dokumente op SUNLearn, ens.);
  • In toetse, eksamens, opdragte en ander assesseringsgeleenthede mag studente Afrikaans of Engels gebruik; opdragte, vraestelle en assesseringsriglyne word in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel.

Voorgeskrewe boeke

Shohamy, E. 2006. Language Policy: Hidden Agendas and New Approaches. London: Routledge.

Booij, G. 2012. The Grammar of Words: An Introduction to Linguistic Morphology. Oxford: Oxford University Press.

Assessering

(i)        Die Departement volg 'n stelsel van deurlopende assessering vir Algemene Taalwetenskap 379. Dit beteken dat die punte wat 'n student vir elke toets, werkstuk en kleiner werkopdrag gedurende die jaar verwerf, bydra tot die prestasiepunt wat aan die einde van die jaar aan die student toegeken word.

(ii)       Daar is geen formele eksamen en geen her-assesseringsgeleentheid nie. Die stelsel van deurlopende assessering verg dat 'n student deurlopend aan alle werkeise moet voldoen. Aan 'n student wat nie voldoen het aan al die eise wat gedurende die jaar gestel is nie, word geen prestasiepunt toegeken nie.