In 2016 bestaan Algemene Taalwetenskap 379 uit die volgende afdelings:
EERSTE SEMESTER |
01/02 – 26/02 | PROBLEEMOPLOSSING IN DIE TAALWETENSKAP: KEUSE VAN ONDERWERP, LITERATUUROORSIG, METODOLOGIE Dr L Mongie |
29/02 – 01/04 | KHOESAN-STUDIE Dr M du Plessis |
04/04 – 06/05 | SINTAKSIS Dr J Oosthuizen |
09/05 – 13/05 | SLUITSTEEN-VOORDRAGTE Dr J Oosthuizen |
TWEEDE SEMESTER |
18/07 – 22/07 | SLUITSTEEN-VOORDRAGTE Dr J Oosthuizen |
25/07 – 19/08 | PROBLEEMOPLOSSING IN DIE TAALWETENSKAP: ONTWIKKELING EN ASSESSERING VAN 'N NAVORSINGSPROJEK Dr L Mongie |
22/08 – 23/09 | TAALBEPLANNING EN TAALBELEID Dr M Oostendorp |
26/09 – 21/10 | MORFOLOGIE Dr K Huddlestone |
Daar is vier lesingperiodes per week:
- Maandag 11:00 (Lettere-gebou, lokaal 220)
- Woensdag 10:00 (Lettere-gebou, lokaal 221)
- Donderdag 14:00 (Lettere-gebou, lokaal 222)
- Vrydag 08:00 (Lettere-gebou, lokaal 222)
Taalspesifikasie
Die Departement is verbind tot die beginsel van meertaligheid sonder uitsluiting soos uiteengesit in die Fakulteit se taalimplementeringsplan.
- Lesings word in Engels aangebied. Waar prakties uitvoerbaar word ondersteuning gebied om toegang te verseker tot kursusinhoud, lesingmateriaal en -aktiwiteite in Afrikaans (bv. PowerPoint-skyfies, lesingnotas, terminologielyste, elektroniese dokumente op SUNLearn, ens.);
- In toetse, eksamens, opdragte en ander assesseringsgeleenthede mag studente Afrikaans of Engels gebruik; opdragte, vraestelle en assesseringsriglyne word in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel.
Voorgeskrewe boeke
Shohamy, E. 2006. Language Policy: Hidden Agendas and New Approaches. London: Routledge.
Booij, G. 2012. The Grammar of Words: An Introduction to Linguistic Morphology. Oxford: Oxford University Press.
Assessering
(i) Die Departement volg 'n stelsel van deurlopende assessering vir Algemene Taalwetenskap 379. Dit beteken dat die punte wat 'n student vir elke toets, werkstuk en kleiner werkopdrag gedurende die jaar verwerf, bydra tot die prestasiepunt wat aan die einde van die jaar aan die student toegeken word.
(ii) Daar is geen formele eksamen en geen her-assesseringsgeleentheid nie. Die stelsel van deurlopende assessering verg dat 'n student deurlopend aan alle werkeise moet voldoen. Aan 'n student wat nie voldoen het aan al die eise wat gedurende die jaar gestel is nie, word geen prestasiepunt toegeken nie.