General Linguistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Honneurs in Algemene Taalwetenskap

​​​​​​​​​​​​​​​Hierdie program fokus op sentrale aannames en konsepte in moderne taalwetenskaplike ondersoek. Studente kan in verskeie domeine spesialiseer, onder andere, taalstruktuur, taalgebruik, tweedetaalverwerwing, taalverskeidenheid ...

 
Lees meer >
NGDip in Tweedetaalstudie

Hierdie program fokus op aspekte van die verskynsel van tweedetale wat in verskeie taal-praktyke sentraal is, en ondersoek spesifiek die aard, eienskappe en verwerwing van tweede tale vanuit 'n algemene taalwetenskaplike en 'n psigolinguistiese perspektief.

 
Lees meer >
NGDip in Interkulturele Kommunikasie

​Hierdie program is ontwerp vir diegene wat gereeld oor kulturele en linguistiese grense kommunikeer en vir dié met 'n akademiese belangstelling in die linguistiese aspekte van interkulturele kommunikasie.

 
Lees meer >

MA in Algemene Taalwetenskap

​​Hierdie program verskaf studente met die vaardighede om te verstaan en navorsing te kan doen oor taalverskynsels in verskeie domeine, onder andere, taalstruktuur, taalgebruik, taalverskeidenheid, tweedetaalverwerwing, taalafwyking ...

 
Lees meer >
MA in Tweedetaalstudie

​​Die doel van hierdie program is om taalonderwysers, vertalers, tolke, ens. toe te rus met kennis van huidige taalwetenskaplike insigte in die sentrale aspekte van tweedetale, en 'n begrip van die navorsingsmetodologie wat gebruik word om hulle te ondersoek.

 
Lees meer >
MA in Interkulturele Kommunikasie

​Die doel van hierdie program is om studente toe te rus met kennis van huidige insigte in taalverwante aspekte van interkulturele kommunikasie en 'n begrip van die teoretise navorsingsmetodologie wat gebruik word om hierdie verskynsel te ondersoek.

 
Lees meer >