Die departement bestaan uit 6 permanente akademiese personeellede, aangevel deur 'n aantal nie-permanente lektors en tutors wat op 'n jaarlikse basis aangestel word.
Die departement funksioneer glad danksy ons bekwame adminstratiewe beampte, Mev Christine Smit, bygestaan deur Me Lauren Onraët. Mev Smit is ook programkoördineerder vir ons nagraadse programme.
Die departement is vereer om verskeie buitengewone professore aan te stel, en om geassosieer te word met 'n aantal navorsingsgenote.