General Linguistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Metawetenskap 345

 

In 2016 bestaan Metawetenskap 345 uit twee afdelings. Die besonderhede is soos volg:

DERDE KWARTAAL

18/07 – 02/09

WETENSKAPLIKE TAALONDERSOEK AS SPEURWERK

Dr S Conradie

VIERDE KWARTAAL

12/09 – 21/10

ONDERSOEK NA DIE OORSPRONG VAN MENSLIKE TAAL

Dr L Mongie

 

Daar is twee lesingperiodes per week:

  • Maandae 12:00 (lokaal sal later bekend gemaak word)
  • Dinsdae 12:00 (lokaal sal later bekend gemaak word)

Taalspesifikasie

Die Departement is verbind tot die beginsel van meertaligheid sonder uitsluiting soos uiteengesit in die Fakulteit se taalimplementeringsplan.

  • Lesings word in Engels aangebied. Waar prakties uitvoerbaar word ondersteuning gebied om toegang te verseker tot kursusinhoud, lesingmateriaal en -aktiwiteite in Afrikaans (bv. PowerPoint-skyfies, lesingnotas, terminologielyste, elektroniese dokumente op SUNLearn, ens.);
  • In toetse, eksamens, opdragte en ander assesseringsgeleenthede mag studente Afrikaans of Engels gebruik; opdragte, vraestelle en assesseringsriglyne word in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel.

Voorgeskrewe boeke

Daar is geen voorgeskrewe boeke vir Metawetenskap 345 nie. Kopieë van leesstukke (artikels uit vaktydskrifte, hoofstukke uit boeke, ens.) sal in die loop van die semester aan studente voorsien word. Studiemateriaal sal ook op SUNLearn beskikbaar gestel word.

Assessering

Metawetenskap 345 word geassesseer deur middel van 'n formele klastoets, opdragte (wat onaangekondigde klasoefeninge kan insluit) en 'n eksamen. Om toegang tot die eksamen te verkry, moet 'n student 'n klaspunt van 40% of meer behaal. Raadpleeg die 2016 Algemene Jaarboek vir besonderhede in verband met eksamens.