General Linguistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene Taalwetenskap 278

 

In 2016 bestaan Algemene Taalwetenskap 278 uit verskeie afdelings. Die besonderhede is soos volg:

EERSTE SEMESTER
01/02 – 26/02

SOSIOLINGUISTIEK

Dr S Conradie

29/02 – 08/04

FONOLOGIE

Me E Pretorius

11/04 – 13/05

PSIGOLINGUISTIEK

Dr F Southwood

TWEEDE SEMESTER
20/07 – 21/08

SINTAKSIS

Dr J Oosthuizen

24/08 – 02/10

GEBARETAALLINGUISTIEK

Prof A Baker

03/10 – 23/10

TWEEDETAALVERWERWING

Dr A Potgieter

 

Daar is drie lesingperiodes per week:

  • Maandag 10:00 (Lettere-gebou, lokaal 225)
  • Dinsdag 08:00 (Lettere-gebou, lokaal 225)
  • Vrydag 11:00 (Lettere-gebou, lokaal 225)

Taalspesifikasie

Die Departement is verbind tot die beginsel van meertaligheid sonder uitsluiting soos uiteengesit in die Fakulteit se taalimplementeringsplan.

  • Lesings word in Engels aangebied. Waar prakties uitvoerbaar word ondersteuning gebied om toegang te verseker tot kursusinhoud, lesingmateriaal en -aktiwiteite in Afrikaans (bv. PowerPoint-skyfies, lesingnotas, terminologielyste, elektroniese dokumente op SUNLearn, ens.);
  • In toetse, eksamens, opdragte en ander assesseringsgeleenthede mag studente Afrikaans of Engels gebruik; opdragte, vraestelle en assesseringsriglyne word in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel.

Voorgeskrewe boeke

Lightbown, P.M & Spada, N. 2006. How Languages are Learned. Oxford: Oxford University Press.

Meyerhoff, M. 2011. Introducing Sociolinguistics. London: Routledge.

Assessering

(i)        Die Departement volg 'n stelsel van deurlopende assessering vir Algemene Taalwetenskap 278. Dit beteken dat die punte wat 'n student vir elke toets, werkstuk en kleiner werkopdrag gedurende die jaar verwerf, bydra tot die prestasiepunt wat aan die einde van die jaar aan die student toegeken word.

(ii)      Daar is geen formele eksamen en geen her-assesseringsgeleentheid nie. Die stelsel van deurlopende assessering verg dat 'n student deurlopend aan alle werkeise moet voldoen. Aan 'n student wat nie voldoen het aan al die eise wat gedurende die jaar gestel is nie, word geen prestasiepunt toegeken nie.