General Linguistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene Taalwetenskap 178

 

In 2016 bestaan Algemene Taalwetenskap178 uit die volgende afdelings:

DatumsAfdelingDosent
02/02 – 26/02

GRONDBEGINSELS

Dr J Oosthuizen
01/03 – 01/04

TAAL EN DIVERSITEIT

Dr L Mongie
05/04 – 22/04

MORFOLOGIE

Prof T Biberauer
26/04 – 13/05

FONETIEK

Me E Pretorius
19/07 – 19/08

SINTAKSIS

Me E Pretorius
23/08 – 23/09

SEMANTIEK EN PRAGMATIEK

Dr F Southwood
27/09 – 21/10

TAALVERWERWING

Dr O Van Dulm
DEURLOPEND

TUTORIALE

1 periode per week

Tutors sal aangekondig word

 

Daar is drie lesingperiodes per week:

  • Dinsdag 15:00 (Van der Sterr-gebou, lokaal 3001)
  • Donderdag 10:00 (Lettere-gebou, lokaal 230)
  • Vrydag 14:00 (Lettere-gebou, lokaal 230)

Bywoning van al drie die hooflesings is verpligtend. Verder moet studente ook een verpligte tutoriaal per week bywoon. Toegang tot 'n tutoriaal mag geweier word indien 'n student, sonder 'n amptelik geldige rede, nie al drie die vorige week se hooflesings bygewoon het nie. Die algemene reëlings rondom die tutoriale vir Algemene Taalwetenskap 178 is soos volg:

(i)        Alle tutoriale vir elke afdeling van die module moet bygewoon word en tutoriaalopdragte moet voltooi en betyds ingehandig word. Studente wat in gebreke bly om dit te doen, kan toegang tot die eksamen geweier word.

(ii)       As 'n student 'n tutoriaal misloop weens mediese redes, is dit die student se verantwoordelikheid om sy/haar tutor te voorsien van 'n geldige mediese sertifikaat voor of op die dag van die volgende tutoriaal (kyk ook Bylaag B hieronder). Dit sal verhoed dat 'n punt van nul toegeken word aan die misgeloopte tutoriaal. In so 'n geval sal die tutor 'n kopie van die betrokke tutoriaal aan die student verskaf, maar dit bly die student se verantwoordelik-heid om die korrekte antwoorde by 'n klasmaat te kry.

(iii)     Tutoriaal-werkboeke sal aan studente terugbesorg word voor elke formele klastoets en voor die eksamen aan die einde van die jaar. Bykomend tot die studie van die werk wat in die hooflesings behandel is, word dit van studente verwag om die tutoriale tydens toets- en eksamenvoorbereiding te gebruik as 'n meganisme waarmee hulle hul kennis kan toets.

(iv)      In die aanbieding van die tutoriale volg die Departement ʼn stelsel van parallel-onderrig: Studente word, sover moontlik, volgens hulle taal van voorkeur ingedeel in ʼn Afrikaanse tutoriaalgroep (met leer en onderrig deur medium van Afrikaans) of ʼn Engelse tutoriaalgroep (met leer en onderrig deur medium van Engels).

Die kontakbesonderhede van die verskillende tutors sal beskikbaar gestel word op SUNLearn.

Taalspesifikasie

Die Departement is verbind tot die beginsel van meertaligheid sonder uitsluiting soos uiteengesit in die Fakulteit se taalimplementeringsplan.

  • Lesings word in Engels aangebied. Waar prakties uitvoerbaar word ondersteuning gebied om toegang te verseker tot kursusinhoud, lesingmateriaal en -aktiwiteite in Afrikaans (bv. PowerPoint-skyfies, lesingnotas, terminologielyste, elektroniese dokumente op SUNLearn, ens.);
  • Tutoriale vir Algemene Taalwetenskap 178 neem die vorm aan van aparte Afrikaanse en Engelse groepe, en studente word op grond van hulle taal van voorkeur in ʼn Afrikaanse of Engelse groep ingedeel, met die moontlike toevoeging van isiXhosa, waar versoek en waar prakties uitvoerbaar;
  • Bykomende ondersteuning in Afrikaans of Engels word aan studente in Algemene Taalwetenskap 178 voorsien wat uitdagings met taal en vakinhoud ervaar;
  • In toetse, eksamens, opdragte en ander assesseringsgeleenthede mag studente Afrikaans of Engels gebruik; opdragte, vraestelle en assesseringsriglyne word in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel.

Voorgeskrewe boek

Fromkin, V., R. Rodman & N. Hyams. 2014. An Introduction to Language. 10de uitgawe. Boston, etc.: Thomson Wadsworth.

Assessering

Algemene Taalwetenskap 178 word geassesseer deur middel van toetse en tutoriaalopdragte, asook 'n eksamen aan die einde van die jaar. Raadpleeg die Universiteit se 2016 Algemene Jaarboek vir besonderhede in verband met eksamens.