Extended Degree Program in Arts and Social Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Wie kwalifiseer vir die VGP​?

Die basiese toelatingsvereistes vir keuring tot die VGP is (i) toelating tot 'n Baccalaureusgraad, (ii) 'n gemiddelde NSS-resultaat in die kategorie 60-62.9% (Lewensoriëntering uitgesluit) en (iii) voldoening aan die programspesifieke toelatingsvereistes. Toelating tot die VGP word op 'n diskresionêre basis oorweeg. 'n Student se sosio-ekonomiese status (bepaal deur historiese benadeling, voogde of ouers se inkomste en die gehalte van skoolopleiding), asook die beskikbaarheid van plekke, word oorweeg vir toelating. Die Nasionale Normtoets (NNT)-uitslae word nie in 2022 gebruik vir die keuring of plasing van VGP-studente nie.

Graad 12-leerders wat in 2021 voorlopig tot die hoofstroomprogram toegelaat is, maar wat na die bekendmaking van die NSS-resultate in 2022 nie aan die hoofstroom-programvereistes voldoen nie, kan 'n versoek rig aan Me. Cheryl Richardson (cherylr@sun.ac.za) om vir toelating tot die VGP oorweeg te word. Die oorweging is onderhewig aan dieselfde toelatingsvereistes soos hierbo genoem. Hulle moet ook die eerste VGP-ontmoeting op Vrydag 4 Februarie 2022 bywoon. Vir meer inligting, sien Eerste VGP-ontmoeting.

Die VGP is nie 'n opsie vir die volgende graadprogramme nie: BA (Drama- en Teaterstudie), BA (met Musiek), BMus, BA in Visuele Kunste, BA (Politiek, Filosofie en Ekonomiese Studie) (PPE), BA (Regte) en BA (Sportwetenskap).