African Languages
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

VAKKURSUS INLIGTING

Die Departement Afrikatale bied isiXhosa, wat ook 'n amptelike taal van die Wes-Kaapprovisie is, as vak aan vir voorgraadse studie. . Die algemene doelstelling van die voorgraadse kurusse vir Afrikatale is om kommunikasievaardighede in isiXhosa te ontwikkel op óf tweede taal óf eerstetaal vlak asook 'n inleiding te kry tot die twee breë studievelde in isiXhosa: letterkunde en taalkunde.


1. BASIESE XHOSA 114, 144 (INLEIDING TOT KOMMUNIKASIE IN ISIXHOSA)

  • Geen vorige kennis van isiXhosa word vereis nie. 
  • Studente wat isiXhosa vir die Matrikulasie of daarmee gelykstaande eksamen geslaag het mag egter nie Basiese Xhosa volg nie. Die kursus is ontwerp vir studente wat nog nooit vantevore isiXhosa geleer het nie. 
  • Basiese Xhosa is 'n volwaardige eerstejaarsvak. Behalwe in uitsonderlike gevalle waar die Departement toestemming verleen, lei hierdie kursus egter tot 'n tweede-derde jaarkursus (214/244 – 318/348) in isiXhosa. 
  • Basiese Xhosa 114, 144 is om studente toe te rus met die basiese kommunikasievaardighede van praat, luisterbegrip, lees en skryf in isiXhosa.


2. ISIXHOSA 178 (INLEIDING TOT ISIXHOSA TAAL EN KULTUUR)

  • Geen vorige kennis van isiXhosa word vereis nie. 
  • Lei tot 'n tweede-derdejaarkursus vir isiXhosa (214/244 – 318/348). 
  • IsiXhosa 178 het twee komponente ekstra, nl. letterkunde en taalkunde. Dit word vereis omdat Xhosa 178 lei tot 'n tweedejaarkursus. 
  • Die kursus-inhoud is veral gerig op sosiale kommunikasie en alledaagse situasies wat van toepassing is in enige beroepsrigting.
  • Kursus is kultuurperspektiewe relevant vir basiese kommunikasie in Xhosa.


3. ISIXHOSA 188 (INLEIDING TOT ISIXHOSA TAAL, KOMMUNIKASIE EN KULTUUR)

  • IsiXhosa 188 is gerig op studente wat isiXhosa of Zulu eerstetaal op matriekulasievak geslaag het, of wat 'n hoëvlak kommunikasievaardigheid in isiXhosa of Zulu het. 
  • Hierdie kursus sluit in studie van die letterkunde en taalkunde van isiXhosa en die beginsels en praktyk van doeltreffende gesproke en geskrewe kommunikasie in 'n verskeidenheid kommunikasie-kontekste, bv.: 
    • Persoonlike kommunikasie 
    • Organisasiekommunikasie 
    • Oorredingskommunikasie 
    • Massakommunikasie 
    • Onderhandelingskommunikasie
    • Politieke kommunikasie 
    • Pragmatiek
  • Lei tot 'n tweede-derdejaarkursus vir isiXhosa (224/254 – 328/358).

Vir al die bogenoemde kursusse word outentieke materiaal uit tydskrifte, koerante, radio-en televisieprogramme in isiXhosa gebruik. Rekenaar-gesteunde onderrig word ook aangewend in die onderrig van bepaalde komponente.


BEROEPSMOONTLIKHEDE

Die veeltalige Suid-Afrikaanse gemeenskap het 'n verskeidenheid kommunikasiebehoeftes en 'n kennis van minstens een Afrikataal is onontbeerlik vir doeltreffende funksionering ten opsigte van kommunikasievereistes vir persoonlike sowel as professionele doeleindes. Goeie kommunikasie-vaardigheid in 'n Afrikataal en insig in kommunikasieverskynsels van die Afrikatale is 'n besondere bate in die werkplek, in feitlik enige beroep. 'n Grondige kennis van die letterkunde, taalkunde en kommunikasieverskynsels van isiXhosa is in die besonder van waarde in beroepe wat taal- en kommunikasiedienste vir isiXhosa behels. Sodanige beroepe sluit in taalonderwysers en taal-onderrigpraktisyns (wat isiXhosa vir spesifieke beroepsdoeleindes onderrig aan volwassenes), personeel en die uitgewersbedryf, taalpraktisyns en vertalers in taal- en kommunikasie afdelings van die staatsdiens sowel as in die sakewêreld, en persone betrokke in die uitsaai- en advertensie-wese.


B.A. PROGRAMME WAARIN ISIXHOSA AS VAK GENEEM KAN WORD

Studente kies om een van die volgende nuwe B.A. studierigtings te studeer met isiXhosa as 'n vak gevolg kan word:

  • B.A. in Taal en Kultuur (IsiXhosa III)
  • B.A. in Beeldende Kunste wat insluit die studie van Westerse kuns, Suid-Afrikaanse kuns en Afrika kuns
  • B. Musiek wat insluit die studie van musiekvaardighede-notasie en musikale elemente; Westerse musiek, Townshipmusiek, Tradisionele Afrika-musiek, musiek in advertensies, film en video, Koor en sang, Suid-Afrikaanse musiek, Bespreking van musikale instrumente
  • B. in Drama en teaterstudie wat insluit studie van: teater in Westerse drama; drama tekste, drama in media en film, Afrika-teater en drama, en Suid-Afrikaanse teater.
  • B. Sielkunde  - Hierdie graad met sielkunde as een hoofvak rus studente met kennis en vaardighede toe om sielkundige dienste aan te bied op die primêre vlak van geestesgesondheid. isiXhosa word tot op tweedejaarvlak geneem ten einde studente toe te rus om die beste diens te bied aan isiXhosa-sprekende persone (isiXhosa II).
  • B.A. in geesteswetenskappe (isiXhosa III) wat studente die keuse gee om vakke uit 'n vrye verskeidenheid te kies wat hulle toerus met insigte in die problematiek van Suid-Afrika in die 21ste eeu.​

Navrae


Brosjure ​


Jaarboek ​