Extended Degree Program in Arts and Social Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Wat is die VGP​?

In 1997 het die Suid-Afrikaanse regering die Witskrif vir die Transformasie van Hoër Onderwys bekendgemaak wat 'n omvattende reeks inisiatiewe vir die transformasie van hoër onderwys uiteengesit het. Die Witskrif het die sentrale rol van hoër onderwys in die sosiale, kulturele en ekonomiese ontwikkeling van moderne samelewings beklemtoon. Die spesifieke uitdaging in Suid-Afrika was om die ongelykhede an die verlede reg te stel en die hoërondrwysstelsel sodanig te transformeer dat dit op nuwe realiteite en geleenthede kon reageer. Ter erkenning van die sentrale rol van akademiese ontwikkeling in die transformasie van hoër onderwys, is Verlengde Graadprogramme (VGP's) of Verlengde Kurrikulumprogramme (VKP's) ingestel in 'n poging om sistemiese struikelblokke uit die weg te ruim wat gelykheid en studentesukses steeds aan bande lê.

In die VGP doen studente hul eerste akademiese jaar oor twee jaar. Hulle ontvang bykomende akademiese steun en neem akademiese verrykingsmodules wat hulle ondersteun in hul graadstudie. VGP-studente neem 78 krediete meer as hoofstroomstudente in hul voorgraadse jare, maar hulle ontvang uiteindelik dieselfde Baccaleursgraad.​