PhD-PROGRAM IN DRAMA- EN TEATERSTUDIE

Programbeskrywing

Kode:  54267 - 978(360)

Spesifieke Toelatingsvereistes

M-graad met opleiding in Teaterwetenskap en/of Teaterkuns of Teatervaardighede (of 'n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur) en 'n goedgekeurde navorsingsvoorlegging. Kandidate wat nie 'n BA Hons by die US Departement Drama verwerf het nie, kan gevra word om eers die volgende module te volg en slaag in hul eerste jaar van inskrywing:

10116 Teaternavorsing: inleiding tot navorsingsmetodologie 771 (20 krediete)

 

Programstruktuur

Aard van program

Doktorsgrade in die kunste is navorsingsgrade wat uitloop op 'n proefskrif. Die studie as geheel kan bestaan uit teoretiese werk of dit kan die vorm aanneem van 'n geïntegreerde studie van kreatiewe prosesse en teoretiese werk wat in die proefskrif gerapporteer word. Die unieke aard van die geïntegreerde opsie setel in die samehang en interafhanklikheid van die kreatiewe prosesse en teoretiese dimensies van die navorsing wat lei tot 'n oorspronklike bydrae tot die kennis van en insigte in die kunste.

Verpligte module

54267 - 978 (360krediete) : PhD Drama en Teaterstudie

Assessering en Eksaminering

Proefskrif en mondelinge eksamen. Die proefskrif word volgens die Universiteit se bepalings vir gevorderde grade geëksamineer. Al die materiaal wat vir die proefskrif aangebied word, ingeslote die kreatiewe werk waar van toepassing, word as een geheel geassesseer deur die eksaminatore wat in terme van die normale prosesse van die Universiteit aangestel is.

Navrae

Programkoördineerder Prof Petrus du Preez

Tel: 021 808 3208   E-pos: cntr@sun.ac.za​