Die Drama departement is betrokke met verskeie navorsingsaktiwiteite en die personeel publiseer gereeld akademiese artikels. Verskeie langtermyn navorsingsprojekte (ESAT) word behartig deur die departement. Die departement  huisves ook die South African Theatre Journal wat 'n forum skep vir akademiese diskoers van teater in Afrika.

 

Die departement besit ook 'n bronnesentrum met tekste, boeke en ander argiefmateriaal van Suid Afrikaanse teater.  Let asseblief daarop dat (a) die bronnesentrum slegs vir die gebruik van nagraadse studente, fakulteit- en formele akkrediteerde navorsers is en (b) alle boeke en materiaal mag slegs in die bronnesentrum gebruik word.