Keurgeleenthede
Die Matiegemeenskap word bederf deur ‘n wye keuse van stimulerende akademiese en sosiale geleenthede. Vind hieronder die besonderhede van ‘n keur van geleenthede wat spesifiek vir die PhD en postdoktorale gemeenskap op die US Tygerberg-kampus aanbeveeel word.
Kollig Byeenkomste
Kollig Byeenkomste word reeds die afgelope paar jaar deur Tygerberg Internasionaal aangebied. In 2025 sal die Tygerberg Doktorale Kantoor vir die eerste keer saamwerk aan hierdie projek. Hierdie twee-jaarlikse reeks gee akademici die geleentheid om hul navorsing aan die aktuele onderwerpe van besondere nasionale en internasionale herdenkingsdae te koppel. Hoewel die geleentheid sedert die pandemie in hibriede formaat aangebied word, word persoonlike bywoning so ver moontlik verkies. Registreer asb vir die byeenkoms, wanneer uitnodigings uitgestuur word.
Dinsdag, 27 Mei 2025, ter erkenning van Afrikadag
Die Afrikadag tema vir 2025 is 'Toekomstige Afrika: Innoverings, Groei, en Ontwikkeling'
Dinsdag, 2 September 2025, ter erkenning van Internasionale Vredesdag
te same met Suid Afrika se Vrouedag en Erfenisdag
Doktorale Besprekingsgroep
Die FGGW se Doktorale Besprekingsgroep is deur Prof Susan van Schalkwyk van die Departement van Gesondheidsberoepe Onderrig gestig. Vanaf 2025, word Dr Liela Groenewald, hoof van die Tygerberg Doktorale Kantoor, die samperoeper. Die groep ontmoet gemiddeld agt keer per jaar en verskaf ‘n platvorm vir doktorale studente om oor die PhD-ervaring te reflekteer. Vergaderings sal plaasvind op die 6de vloer van die Kliniese Gebou, by die Departement van Gesondheidsberoepe Onderwys, Kamer 6054.
Byeenkomste vir 2025
Woensdag, 19 Februarie
| Doelwitstelling: beplanning vir sukses, die begin van die jaar | Dr Rhoda Meyer
|
Dinsdag, 18 Maart
| Begrip van die literatuur, lees vir sukses en verwante gedagtes oor die gebruik van literatuur | Dr Rhoda Meyer |
Woensdag, 16 April
| Kragvolle skryfwerk: Hoe samehang, goue drade, en konseptuele raamwerke jou kan help
| Prof Susan van Schalkwyk
|
Dinsdag, 13 Mei
| Doktorale eienskappe en jou professionele identiteit
| Dr Mariëtte Volschenk
|
Woensdag, 11 Junie
| Wenke om 'n suksesvolle akademiese skrywer te word: Publikasie voor, tydens, en/of na die PhD | Prof Susan van Schalkwyk |
Dinsdag, 29 Julie
| DV | |
Woensdag, 27 Augustus
| DV | |
Dinsdag, 30 September
| DV | |
Woensdag, 29 Oktober
| Refleksies: mylpale, tydlyne, uitdagings en suksesse | Dr Rhoda Meyer
|