Economic and Management Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsetiek

​​​​​​​

Etiese navorsingsgedrag

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe word sterk gedryf deur 'n gemeenskaplike morele rigtingwyser. Etiese gedrag en integriteit is dus diep gewortel in die Fakulteit se benadering en in alle navorsingspraktyke. Die Fakulteit onderskryf die Universiteit se beleid ten opsigte van etiese navorsing wat die vyf sleutelbeginsels van etiese gedrag insluit, naamlik eerlikheid en integriteit, verantwoordbaarheid, professionele bedagsaamheid en regverdigheid, en goeie rentmeesterskap.


Daar is verder 'n aantal belangrike beleidaspekte rakende etiese navorsing en gedrag waarvan alle personeel en studente kennis moet neem. Dit handel oor navorsingskwessies wat verband hou met onderwerpe soos intellektuele eiendomsreg, plagiaat, alle prosedures rondom die verkryging, deel en die stoor van data, navorsingsdeelnemers, konflik van belange, akademiese vryheid en verantwoordelikheid, eties-sensitiewe navorsing, befondsing, en navorsingsamewerking.


Die Universiteit beskik oor verskeie strukture en komitees wat etiese navorsing administreer en bestuur.  Daar word dus van alle fakulteitstudente, hetsy voornemend of geregistreerd, verwag om hulself te vergewis van die Universiteit se etiese navorsingsbeleid en etiese gedragskode.​