Economic and Management Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer Oor

​​​Die Fakulteit beslaan drie geboue op die hoofkampus in Stellenbosch, terwyl die nagraadse programme van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) by die Bellvillepark-kampus aangebied word.

Ons opleiding vir professionele registrasie in spesialisvelde soos rekeningkunde, aktuariёle wetenskap en finansiёle beplanning geniet beide nasionale en internasionale akkreditasie deur professionele institute. Boonop is ons studente se prestasies in eksterne eksamens daadwerklike bewys van die gehalte van ons programme. In dieselfde trant word die programme in bedryfsielkunde en menslike hulpbronbestuur deur professionale liggame erken. In ander dissiplines word gehalte-onderrig deur samewerkingsooreenkomste gerugsteun, wat onder andere die uitruil van studente en onderrigpersoneel en gesamentlike navorsingsprojekte met internasionaal erkende akademiese instellings insluit.

Die afgelope paar jaar het die Fakulteit sy nagraadse platform uitgebou en diversifiseer. Die nagraadse skool in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe dra hiertoe by.  Die skool bied 'n voltydse beursprogram aan navorsers van Afrika en die res van die wêreld om hulle in staat te stel om hul doktorale studie binne drie jaar te voltooi.

Die meeste nagraadse studente studeer aan die Skool vir Publieke Leierskap, die Bestuurskool en die Skool vir Rekeningkunde. Die Bestuurskool was die eerste by 'n Afrika-universiteit wat al drie internasionale akkreditasies vir bestuurskole bekom het, naamlik AACSB, EQUIS en AMBA.

​Die Fakulteit streef ywerig na uitmuntendheid in navorsing, asook kapasiteitsontwikkeling. Ons is dus besonder trots op ons navorsers met NNS-evaluering, asook die Fakulteit se leerstoele.​​

  
  
Description
  
  
  
  
#1 FakulteitsbestuurFakulteitsbestuur
Lees meer >
Lees meerIn page navigation
#3 DekaansfondsDekaansfonds
Lees meer >
Lees meerIn page navigation
#4 Visie & MissieVisie & Missie
Lees meer >
Lees meerIn page navigation
#5 GeskiedenisGeskiedenis
Lees meer >
Lees meerIn page navigation