Logistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor

​​​​Die Departement Logistiek is een van verskeie departemente binne die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en is ook die oudste tersiêre akademiese departement in Suid-Afrika wat opleiding in vervoer en logistiek bied.

Die departement huisves die vakrigtings Besigheidsanalitiek, Logistiek en Voorsieningskettingbestuur, Operasionele Navorsing en Vervoerekonomie, asook twee moderne nagraadse navorsingslaboratoriums vir M- en PhD-studente. Dit is die enigste departement aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit wat die onderskeie vakrigtings volledig en geïntegreerd vanuit een departement aanbied. Hierdie vakke kan in verskeie BCom​- en BSc-programme gevolg word.

Die vier hoofvakke, naamlik Besigheidsanalitiek, Logistiek en Voorsieningkettingbestuur, Operasionele Navorsing en Vervoerekonomie, word almal op tweedejaars-, derdejaars- en nagraadse vlak aangebied.​

Vir meer inligting, sien asseblief die Departement Logistiek Brosjure

​​​​

Organisasiestruktuur


Departementele Voorsitter (interim)

Prof SE Visagie
E-pos: svisagie@sun​.ac.za​
Tel: +27 21 808 2254
​​


Vakhoofde​

​Logistiek en Voorsieningskettingb​estuur

Prof JJ Louw
E-pos: jjlouw@sun.ac.za
Tel: +27 21 808 3412​


​Operasionele Navorsing en Besigheidsanalitiek

Prof SE Visagie
E-pos: svisagie@sun.ac.za​
Tel: +27 21 808 2254

Curriculum Vitae


​Vervoerekonomie

Mnr M October
E-pos: moctober@sun.ac.za
Tel: +27 21 808 2412​