Die navorsing in die Fakulteit is daarop gemik om nuwe kennis van kernbestuursdissiplines te ontsluit en praktiese toepassings te genereer wat deur beleidmakers, die sake- en nywerheidsektore gebruik kan word. Interdissiplinêre samewerking, beide in die Fakulteit en dwarsdeur die Universiteit, is van besondere belang.
Die Fakulteit is trots:
daarop om die SARChI-Leerstoel in die Ekonomie van Sosiale Beleid van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) te huisves.
op sy navorsers met NNS-evaluering. Baie van hulle is leiers op hul vakgebiede, doen toonaangewende navorsing en tree as konsultante en adviseurs op vir vooraanstaande sakeondernemings en die regering. Vir verdere inligting oor die navorsing wat in die Fakulteit gedoen word, kliek hier.
op die nuutgestigte Nagraadse Skool in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Dit bied navorsers 'n voltydse beursprogram om hulle in staat te stel om hul doktorale studie binne drie jaar te voltooi.
Navorsers word op verskeie maniere ondersteun. Aan fakulteitskant word hierdie steun deur die Visedekaan (Navorsing) en die navorsingskomitee gekoördineer, terwyl universiteitsteun via die Afdeling Navorsingsontwikkeling, die Biblioteek- en Inligtingsdiens, en die Nagraadse en Internasionale Kantoor gekanaliseer word.
Vir inligting oor die verskillende vlakke van finansiёle en ander navorsingsondersteuning wat beskikbaar is, kliek asb hier.
Die jongste uitgawe van Research@Stellenbosch University het onlangs verskyn. Dit bevat agt artikels wat handel oor navorsing wat binne die Fakulteit vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gedoen is. Lees die jongste uitgawe van Research@Stellenbosch.
Lees meer oor navorsing by die US Bestuurskool met toegang tot die akademiese tydskrif: