SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Boodskap van die Direkteur


Die Skool vir Publieke Leierskap het met leer tot volhoubare toekomste vir Afrika te doen.

Met leer ons bedoel die verkryging van kennis deur navorsing, die oordrag van kennis deur middel van onderrig en beide die verkryging en die oordrag van kennis deur middel van sosiale leer binne ons gemeenskappe

Ons leerders wissel van jong voorgraadse studente tot nogal senior middel-loopbaan leiers en bestuurders. En as navorsers bly ons permanente en buitengewone deeltydse akademici self ook gretige leerders.

Ons leer het te doen met die lei van samewerkende aksies vir die positiewe skepping en beskerming van openbare waarde en openbare belange, en om negatiewe globale en Afrika-tendense met betrekking tot armoede, ongelykheid, oor-verbruik en ekologiese agteruitgang om te keer. Die leer by SPL dien om oplossings vir alle vlakke van die samelewing te inkorporeer. Klem word geplaas op gegradueerdes se vermoë om as agente vir verandering in die publieke domein te funksioneer, met aksies wat deur 'n kultuur van verdraagsaamheid, beskeidenheid en deernis, maar ook 'n gees van mededingendheid, gekenmerk word.

Met hierdie doel voor oë, rig ons die fokus op drie verwante leerareas:

  • Uitvoerende Openbare Bestuur, wat bevoegdhede m.b.t. leiding, beleidskepping, organisering, dienslewering en evaluering van openbare dienste insluit;
  • Omgewingsbestuur, wat multi-dissiplinêre oorsig oor ekologiese volhoubaarheid te midde van toenemende aansprake op natuurlike hulpbronne behels;
  • Volhoubare Ontwikkeling, wat 'n transdissiplinêre blik op gewenste roetes neem sodat ons na 'n blinker toekoms vir almal kan reis.

Ons het 'n reeks leerprogramme wat m.b.t. inhoud en wyse van aanbieding ontwerp is om die behoeftes van ons verskillende studentegroepe te pas:

Voorgraadse modules in openbare en ontwikkelingsbestuur vorm deel van die Stellenbosch-gebaseerde residensiële graad-aanbiedinge. 'n Intreevlak Diploma in Openbare Aanspreeklikheid wat aanpasbaar aangebied word, maak voorsiening vir beide skoolverlaters en middel-loopbaan studente wat met die oog op 'n eerste kwalifikasie leer, maar weg van die kampus woonagtig is.

Nagraadse Diplomas in Volhoubare Ontwikkeling, Omgewingsbestuur, en Openbare Finansiële Bestuur, asook 'n honneursgraad in Openbare Bestuur, wat alles aanpasbaar aangebied word, voorsien kwalifikasie opsies vir 'n tweede kwalifikasie terwyl u werk. Elkeen van hierdie programme word gevolg deur 'n meestersgraad in die spesifieke veld van spesialisasie, en alle meestersprogramme word aangevul deur ons doktorale program in Openbare Bestuur en Ontwikkelings-beplanning.

Baie van die modules in al hierdie programme word ook as kortkursusse aangebied wat as voortgesette professionele leergeleenthede dien.

Ons, die fakulteit, personeel en medewerkers van SPL is gretig om u in ons leeromgewing te ontvang, of dit nou op die pragtige Stellenbosch hoofkampus, die professionele bestuur-georiënteerde Bellville Park Kampus in Kaapstad, die sosiaal en ekologies sensitiewe Lynedoch Eco-dorp is, of ons kom na u net daar waar u is, deur middel van interaktiewe telematika en e-leer.



Prof Johan Burger

Direkteur Skool vir Publieke Leierskap

​​