SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

MPA & MA/MComm in PDM

​​​​

Die doel van hierdie program is om die kennis en vaardighede van studente asook middelloopbaan openbare en ontwikkelingsbestuurders, wat reeds 'n Honneursgraad in Openbare Administrasie/ Openbare en Ontwikkelingsbestuur het, te ontwikkel in 'n spesifieke fokus area van ontwikkeling, openbare bestuur en beleidsbestuur en ook om onafhanklike navorsing te vestig en te bevorder op vraagstukke ten einde goeie staatsbestuur in die plaaslike, provinsiale, nasionale openbare en ontwikkelingsektore te bevorder. Die verryking van gevorderde vaardighede in Openbare Bestuursreg is 'n bykomende doelstelling.


Toelatingsvereistes

'n BAHons/BAdminHons/HonsBCom/BEconHons in Openbare en Ontwikkelingsbestuur, BHons in Publieke Administrasie en die Gevorderde diploma in Publieke Administrasie of 'n Honneursgraad in Openbare en Ontwikkelingsbestuur verwerf by'n ander universiteit. 'n Aanvaarbare studierekord in die voorafgaande  program word ook vereis. 'n Gemiddelde punt van 65% in die voorafgaande program is aanvaarbaar, alhoewel ander oorwegings soos voldoende ontwikkeling gedurende die voorafgaande program in die plek van 'n gemiddelde van 65% toegepas kan word.

 

Assessering

Die program bied twee opsies aan:

 

i) Volle navorsingsopsie

Die student moet, behalwe 'n kursus in toepaslike Gevorderde Navorsingsmetodologie en Akademiese Skryfwerk (indien die student nie reeds vroeër so 'n kursus suksesvol afgehandel het nie), 'n tesis van 120 krediete voltooi onder die leiding van 'n senior akademikus. Die tesis is onderworpe aan eksaminering deur die studieleier, 'n interne eksaminator en 'n eksterne eksaminator. Die tesis moet bewys lewer van die kandidaat se vermoë om bestaande data, inligting en kennis te integreer ten einde nuwe kennis en insig voort te bring.

 

ii) Onderrigopsie

Studente het 'n keuse van drie opsionele modules van 30 krediete elk en woon ook 'n gepaste, gevorderde kursus in Navorsingsmetodologie en Akademiese Skryftegnieke by. Studente moet ook deelneem aan 'n Capstone Laboratorium waar verskeie aktiwiteite gemik is op geintegreerde toetsing soos bepaal deur 'n mondelinge eksamen. Daarbenewens moet die kandidaat 'n 90 krediet tesis voltooi wat onderhewig is aan al die kwalitatiewe vereistes van 'n tesis en 'n vol eksamenering deur die studieleier, 'n interne eksaminator en 'n eksterne eksaminator.


Klik op die PDF-dokument vir meer inligting oor die module-inhoud.


'n Finale punt van 50% is 'n vereiste om 'n module te slaag en 'n finale punt van 75% om met lof te slaag (cum laude). Dienooreenkomstig word 'n gemiddelde finale punt van 50% benodig om die program te slaag en 'n gemiddelde punt van 75% om met lof te slaag (cum laude).

 

Kursus Fooi

Aansoek Fooi: R100

MPA (50% tesis) klasgelde totale 1ste jr: ± R46 096.00 * ingesluit. boeke (uitgesluit. reis- en verblyfkoste wat jy mag aangaan)

MPA (100% tesis) klasgelde totale 1ste jr: ± R41 570.00 * ingesluit. boeke (uitgesluit. reis- en verblyfkoste wat jy mag aangaan)

Registrasiefooi: R8278.00

*Die registrasiefooi is 'n minimum betaling van die totale klasgelde. Dit is dus nie 'n bykomende betaling bo en behalwe die bedrae hierbo genome nie.

 

 

Navrae

Vir verdere inligting oor fooie, beurse, verblyf of kurrikulum kontak Me Riana Moore by Tel +27 (0)21 918 4400 of e-pos: djam@sun.ac.za

Internasionale studente moet navrae rig aan die Internasionale Kantoor , e-pos:  interoff@sun.ac.za.