SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die SPL berei gegradueerdes voor om leidende rolle in openbare en burgerlike organisasies te speel ten einde die uitdagings van ontwikkeling en staatsbestuur aan te pak. Ons gegradueerdes word t​​oegerus met die nodige kennis, bekwaamheid en waardes om volhoubare gemeenska​ppe in Afrika binne 'n veranderende en komplekse wêreld te bou. Klem word gelê op die vermoë van ons studente om 'n oop burgerlike gemeenskapsterrein te kan skep en te fasiliteer waarbinne dialoog en geskilbeslegting kan plaasvind danksy 'n kultuur van verdraagsaamheid, nederigheid, solidariteit en deernis. Om hierdie doel te bereik, is die SPL se onderrig, navorsing, konsultasie en gemeenskapsinteraksie ontwerp om uitnemendheid, sosiale entrepreneurskap, reflektiewe leierskap n doeltreffende bestuur te kweek. Ons onderskei onsself in die ontwikkeling van die nodige vaardighede om binne komplekse, multidissiplinêre netwerke en diverse bedryfsomgewings te funksioneer.

Versprei oor drie kampusse, bied die SPL leergeleenthede in 'n verskeidenheid stimulerende omgewings:


STELLENBOSCH KAMPUS

Die hoofkampus van Universiteit Stellenbosch (US) is die tuiste van ons voorgraadse programme in Openbare en Ontwikkelingsbestuur, sowel as die nagraadse graad en Magisterprogram in Omgewingsbestuur. Die historiese dorp van Stellenbosch is bekend vir sy argitektuur, kultuur en akademiese uitnemendheid.

+27 (0) 21 808 2151

AI Perold-gebou, Merrimanlaan, Stellenbosch; Privaatsak X1, Matieland 7602




 

BELLVILLE PARK KAMPUS

Naby aan die Kaapse middestad, bied die Bellville Park Kampus 'n verskeidenheid van nagraadse programme in Openbare en Ontwikkelingsbestuur. Studente kan inskryf vir 'n HonsB in Publieke Administrasie, HonsBCom of HonsBA in Openbare en Ontwikkelingsbestuur, sowel as 'n MPA of MCom / MA in Openbare Bestuur en Ontwikkeling. Kort kursusse word aangebied op kampus of by die kliënte as hulle dit so verkies. Hierdie kursusse verleen krediete vir die nagraadse programme.

+27 (0)21 918 4122

JG Van der Horst-gebou, Carl Cronjé-rylaan, Bellville; Posbus 610, Bellville 7535


​ 

LYNEDOCH CAMPUS

Op die buitewyke van Stellenbosch lê die plattelandse gemeenskap van Lynedoch, 'n internasionaal erkende lewe-en-leersentrum wat fokus op studies in volhoubaarheid. 'n Nagraadse graad in Volhoubare Ontwikkeling word hier aangebied op honneursvlak, waarna gekeurde student kan inskryf vir die MPhil- graad in Volhoubare Ontwikkeling

+27 (0) 21 881 3952

R310 Lynedoch Road (Baden Powell turnoff), Lynedoch; PO Box 162, Lynedoch 7603




​​​​​​​​​​​​​