SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Stellenbosch Good Governance Forum (SGGF)

Agtergrond

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vestig Suid-Afrika se aksie agenda op die vrystelling van die Suid-Afrikaanse Visie 2030.  Die NOP en Visie 2030 hou verband met die kennis vereistes wat deur die Stellenbosch Good Governance Forum-program geïdentifiseer en geprioritiseer is.

Die SGGF, ʼn inisiatief gevestig in die Universiteit Stellenbosch (US), is ʼn kennis en leer forum wat saam met die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) deur die US gevestig is.  Die SGGF bevorder beter regeerkunde deur inklusiewe innovasie en kennis-gebaseerde implementering.

In hierdie opsig fokus die SGGF op hoe regeerkunde vennootskappe tussen die publieke sektor, besigheidsektor, sowel as die burgerlike samelewing die inwoners kan bevoordeel deur om tot effektiewe en etiese regeerkunde by te dra.  Die SGGF se primêre doel is om die skep van publieke waarde by te staan en te fasiliteer.

 

Die SGGF se doel en doelstellings

 Die SGGF se doel en doelstelling is om:

  • die skep en institusionalisering  van volhoubare goeie regeerkunde te fasiliteer;
  • as ʼn kennisvennoot en innovasie broeikas ten opsigte van nasionale beplanning te dien;
  • spesifieke fokus op die implementering modaliteite en bou van kapasiteit te rig ten einde formele nasionale ontwikkelings, soos in die NOP, te kan ondersteun; en
  • die kennis en ondervinding basisse van sterk, werklike en virtuele akademici  en professionele kennis netwerke te bou en te benut ten einde navorsing, praktyk en dialoog te fasiliteer.

 SGGF-aksies is op die volgende beginsels gevestig:

  • Om sterk op visie en swak op grense te fokus.
  • Die bou en volhoubare leiding van ʼn wye en sterk kennis netwerk te handhaaf.
  • Die nastrewing van projekte met vennote onder die vooruitsigte van SGGF programme.

 

SGGF Programme

Die SGGF programme sluit in:

Program 1: Die verbetering en broei van die Nasionale Goeie Regeerkunde Dialoog deur strategiese en relevante gesprekke met behulp van alle-media benaderings te fasiliteer ten einde wye bewustheid oor goeie regeerkunde, asook ʼn Suid-Afrikaanse Grondwetlike Gesprekke Program uit te wys.

Program 2: Die skepping en onderhouding van ʼn nasionale kennis bewaarplek wat goeie regeerkunde kennis, sowel as navorsing inisiatiewe in die vorm van ʼn navorsing en kennis met die hulp van kartering en opname oefeninge registreer, soos Die Kartering en Onderhouding die Kennis en Navorsing Landskap Program.

Program 3: Die uitvoer van ʼn aksie-navorsing inisiatief met die doel om die leer van regeerkunde te ondersteun in die vorm van Die Aksie Navorsing en Aksie Leer vir Treffende Innovasie Programme.

Program 4: Die skep en verspreiding van kennis vir goeie regeerkunde deur middel van aksie navorsing en aksie leer, asook in die vorm van akademiese opvoedkundige programme, soos die Die Skepping en Verspreiding van Implementering Kennis deur middel van Opvoedkundige en Opleidingsprogramme.

Program 5: Ontwikkeling van denke en aksie leierskap kapasiteit en bekwaamhede op ʼn opvoedkundige ervaringsleer-gebaseerde metode deur om van verskeie ontwikkelingsmetodes in Die Ontwikkeling en Implementering Gekonsentreerde Leer Regeerkunde en Leierskap Programme gebruik te maak.

 

Navrae

Vir verdere inligting kontak Mev Natalie Seifert Tel +27 (0)21 918 4122 of e-pos: natalie.seifert@spl.sun.ac.za  

 

 

 

​​