SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrums & Institute

​​

ACCERUS

Ten einde relevant en ingelig oor ter saaklike korrupsiekwessies te bly, streef ACCERUS, die Teenkorrupsie Sentrum vir Opvoeding en Navorsing van die Universiteit Stellenbosch, na toepaslike deskundigheid in:

  • Hoë vlakke van onderwys en opleiding wat deur nougesette navorsing ondersteun word.
  • Die interne werking en omstandighede van regeringsinstellings. (Hier trek ACCERUS grootliks voordeel uit die ervaring wat die SPL deur middel van baie jare se interaksie met en studie van regeringsorganisasies en hul amptenare opgebou het.)

Read more ›
Sentrum vir Plaaslike Regeerkunde (SPR)
 

Die Sentrum vir Plaaslike  Regeerkunde (SPR) sal poog om:

• Geleenthede in wêreldklas navorsing oor plaaslike en provinsiale regeringsuitdagings, plaaslik, nasionaal, in Afrika en internasionaal te voorsien.

 

• 'n Bewaarplek vir toegang tot die mees gevorderde hulpbronne en 'n kennis middelpunt vir plaaslike regeringsakademici, navorsers, beamptes, raadslede en nie-regeringsagentskappe te wees.

 

• Geleenthede vir leer en groei te voorsien en 'n nuwe geslag denkleiers op die gebied van plaaslike regering te ontwikkel.

Read more ›
Stellenbosch Forum vir Goeie Regeerkunde (SFGR)

Die SFGR, 'n inisiatief van die Universiteit Stellenbosch (US), is 'n kennis en leer forum verwant aan die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die US. Die SFGR bevorder beter bestuur deur inklusiewe innovering en kennisgebaseerde implementering.

Read more ›
TsamaHub

Die Sentrum is 'n akademiese struktuur wat daargestel is om die doktorale program te fasiliteer en te koördineer, asook om al die relevante kennisdraende belanghebbendes met die oog op navorsing in toegepaste oplossinggebaseerde volhoubaarheid in die Stellenbosch-omgewing te betrek.

Read more ›
Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (SHVE)
 

Die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (SHVE) dien as Universiteit Stellenbosch se intreepunt tot die algehele veld van hernubare energie. Sommige kontraknavorsingsprojekte word in die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies voltooi. Ander beland by die ...

Read more ›
Volhoubaarheids Instituut (VI)
 

Bied 'n ruimte vir mense om 'n benadering tot die skep van 'n meer regverdige samelewing te verken en op 'n manier te lewe wat die ekosisteem waarbinne die samelewing in geheel ingebed is, te onderhou, eerder as om dit te vernietig.


 

Read more ›
Komplekse Sisteme in Transisie (KST)

Die Sentrum vir Komplekse Sisteme in Transisie (KST) is die middelpunt van die Stellenbosch Universiteit se NNS vlagskipinisiatief, en is in 2015 gestig. Die KST is 'n navorsing- en opleidingsentrum wat navorsers, studente en praktisyns wat in kompleksiteitsdenke, volhoubaarheid en transdissiplinariteit belangstel, tesame trek.

Read more ›
t.b.a
 
Read more ›
t.b.a
 
Read more ›