SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraadse Programme

​​

Baccalaureusprogramme

 

Die vak, Openbare en Ontwikkelingsbestuur (OOB), met 'n drieledige fokus op Openbare Bestuur, Openbare Beleidsbestuur en Ontwikkelingsbestuur, word as 'n hoofvak  of aanvullende vak  vir verskeie grade binne verskillende fakulteite aangebied.

Voorgraadse studies in Openbare en Ontwikkelingsbestuur streef daarna om studente wat die openbare sektor, nie-regering sektor of ontwikkelingsektor wil betree, toe te rus met professionele kennis omtrent die vereiste tegnieke en vaardighede.

Die kursus het ten doel om studente toe te rus met 'n deeglike en omvattende kennis van die vinnig-veranderende omgewing van openbare en ontwikkelingsbestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Dit ondersoek die rol van regering en nie-regering rolspelers en internasionale agentskappe in ontwikkelende gemeenskappe.

Die kursus plaas 'n sterk fokus op burgerlike lewe asook die regte en pligte van burgers en ondersteun studente in die ontwikkeling van hul eie onafhanklike oordeel in die neem van politieke en administratiewe besluite.

 

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

 
Vir toelating tot graadprogramme binne die jurisdiksie van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, soos BCom, volle Matrikulasievrystellingsertifikaat, 'n gemiddelde slaagsyfer van minstens 50% en 'n slaagsyfer van 40% (hoër graad) of 50% (standaardgraad) in Wiskunde wat vereis word.

As 'n hoofvak in:

BCom (Bestuurswetenskappe)

  • fokus - area: Openbare en Ontwikkelingsbestuur
  • fokus - area: Menslike Hulpbronbestuur

BCom (Ekonomiese Wetenskappe)

  • fokus - area: Ekonomie (Openbare Sektor)

As 'n hoofvak of aanvullende vak in:

BCom 'n breë program sonder 'n spesifieke fokus-area.

 
 

Lettere en Sosiale Wetenskappe

 

Vir toelating tot graadprogramme binne die jurisdiksie van Lettere en Sosiale Wetenskappe, soos BA in Sosio Informatika , BA in Menslike Hulpbronbestuur en BA Ontwikkeling en Omgewing, volle matrikulasievrystelling en 'n gemiddelde slaagsyfer van 50% wat vereis word.


 As 'n hoofvak in:

 BA (Sosio Informatika)

 BA (Menslike Hulpbronbestuur)

 BA (Ontwikkeling en Omgewing)


As aanvullende vak tot tweedejaarsvlak in:

 BA (Maatskaplike Dinamika)

 BA (Maatskaplike Werk)