Diploma in Volhoubare Ontwikkeling
Hierdie program is bedoel vir 'n nuwe geslag omgewingsbewuste en sosiaal verantwoordelike bewerkers van verandering. Ons lewer studente met gefokusde kennis van en vaardighede in volhoubaarheid en sosiale entrepreneurskap.
Die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling is 'n interdissiplinêre driejaarprogram wat jou toerus met teoretiese kennis en praktiese vaardighede in:
- vernuwende tegnologieë,
- kompleksiteit en ekologie,
- sosiale aksie en leierskap,
- kleinsakebestuur, en
- kommunikasie en storiewaarde.
Die program fokus daarop om entrepreneuriese en intrapreneuriese vaardighede te vestig. Entrepreneurs wend hulle vaardighede aan om vir hulleself sowel as ander werk te skep. Intrapreneurs is daadgerigte, selfgedrewe mense wat innovasie aandryf waar hulle ook al werk.
Die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling skool jou in beginsels van volhoubaarheid deur middel van plekgebaseerde toegepaste leer. Die programme word in samewerking met die Volhoubaarheidsinstituut by die ekodorpie in Lynedoch aangebied. Ons leer in die klaskamer, in die natuur, op velduitstappies en deur in groepe te werk. Kyk die video's om meer oor ons ruimtes en onderrigbenadering uit te vind.
PROGRAMINLIGTING
Daar is 'n oorsig van die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling in die tersaaklike afdeling van die Fakulteit se Jaarboek.