ACCERUS en sy hoofdoelstellings

Om relevant en kundig te bly aangaande die relevante korrupsie-vakmaterial, strewe ACCERUS daarna om toepaslik kundig te wees in:

•Hoë vlakke van opvoeding en opleiding wat deur navorsing gerugsteun word

•Die interne werking en omstandighede van regeringsinstellings. (Hier trek ACCERUS grootliks voordeel uit die ondervinding wat SPL oor baie jare deur sy interaksie met, en bestudering van, regeringsorganisasies en hul amptenare opgebou het).

ACCERUS: 'n Spesialis instituut vir anti-korrupsie opvoeding en opleiding

Deur 'n omvattende drie-jaar oefening wat die versameling, bestudering en ontleding van die mees relevante anti-korrupsie kennis wat beskikbaar is behels, het ACCERUS verskeie kursusse wat by die HEQC (Higher Education Qualifications Council)  geakkrediteer is, ontwikkel. Hierdie opvoedkundige en vaardigheids-opleiding kurssuse, waarkynlik die mees omvattende anti-korrupsie kursusse in Afrika, is spesifiek ontwerp om kennis, bewustheid, vaardighede en die strategieë wat nodig is om doeltreffende anti-korrupsieprogramme in die tipiese openbare sektor organisasie in te stel en af te dwing, oor te dra – en is ook van belang vir organisasies in die privaatsektor.   

NOTA: Die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) onderrig staatsamptenare reeds 22 jaar in wydomvattende en hoë-vlak openbare sektor bestuursteorie en vaardighede, beide op voorgraadse en nagraadse vlak. Die SPL het, met sy hoë professionele en opvoedkundige standaarde, die skool van voorkeur vir menige regeringsinstellings in Suid-Afrika en ander Afrika lande geword.

•Relevante wetgewing, finansiële bestuur en rekenkundige stelsels, oudit en ondersoekmetodes, korporatiewe bestuur en etiese praktyke, organisasie- en bestuurstrukturering

•Hedendaagse internasionale verwikkelinge rakende die teëwerk van korrupsie (In hierdie verband werk ACCERUS nou saam met verskeie relevante internasionale liggame en buitelandse instellings)

•Maniere om hoër vlakke van integriteit, moraliteit, en die beste praktyke in regerings en hul aanwending van openbare hulpbronne te bevorder

Vir meer inligting, besoek ACCERUS by: www.accerus.org