Economic and Management Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visie & Missie


Visie

Ons visie is om die toonaangewende navorsingsintensiewe fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe in Afrika te wees en bekend te staan vir ons uitstekende graduandi.

Missie

Ons missie is om etiese, betrokke en innoverende leiers te ontwikkel wat na ekonomiese en samelewingstransformasie streef.

Ons verwesenlik dit deur middel van ons verbintenis tot inklusiwiteit, betrokke leer, invloedryke navorsing en betekenisvolle samelewingsvennootskappe.

Die Fakulteit se strategiese doelwitte en aktiwiteite berus op die volgende waardes:

UITNEMENDHEID

Ons ondersteun die strewe na akademiese uitnemendheid en diens deur ’n omgewing te skep wat leer, kundigheid, navorsing en sosiale impak inspireer en koester.

AANSPREEKLIKHEID

Ons hou alle lede van ons gemeenskap aanspreeklik om altyd eties op te tree.

BILLIKHEID

Ons is daartoe verbind om die onreg van die verlede reg te stel terwyl ons ons vir sosiale geregtigheid en fundamentele menseregte beywer.

RESPEK

Ons gaan met waardigheid met mekaar om. Ons glo dat diversiteit betreffende ondervinding, idees, tale, rasse, vermoëns, kulture, lewenstyle en perspektiewe ons leer, navorsing en sosiale impak verbeter en bevorder.

DEERNIS

Ons toon empatie en begrip jeens al ons belanghebbers.​

​​