Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsetiekkomitee​: Sosiale, Gedrags- en Opvoedkunde Navorsing (NEK: SGO)

​​​​​​​​​​​​​​​Omvang/ Funksie

​​​

Die doel van die Sosiale, Gedrags- en Opvoedkunde Navorsingsetiekkomitee (NEK: SGO) in die beoordeling van navorsing, is om by te dra tot die beskerming van die waardigheid, regte, veiligheid en welstand van alle huidige of potensiële deelnemers aan sosiale, gedrags-, ekonomiese en opvoedkundige navorsing wat aan die Universiteit Stellenbosch uitgevoer word. 

Die NEK: SGO doen onafhanklike, omvattende en tydige beoordeling van die etiese risiko's verbonde aan navorsingsvoorstelle  en kan maatreëls aanbeveel vir die vermyding of vermindering van sodanige risiko's – toegegee dat die etiek van navorsing nooit ten volle van die wetenskaplike dimensies van navorsing (wat onder andere metodologiese en teoretiese aspekte insluit) geskei kan word nie.

Die etiek-aansoekproses begin binne die onderskeie akademiese departemente via die Departementele/Fakulteits-etieksiftingskomitee (DESK/FESK). Aansoeke word gesif om die risikovlakke verbonde aan die navorsing vas te stel. Lae risiko projekte word deur die DESK beoordeel en deur die NEK: SGO bekragtig. Slegs aansoeke met medium tot hoë etiese risiko's word na die NEK: SGO verwys vir beoordeling tydens 'n NEK: SGO vergadering.


Vergaderdatums​:
NEK: SGO vergaderdatums 2024​

Belangrike Inligting: