Research & Innovation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Navorsing, Innovasie & Nagraadse Studies 

As 'n goed gevestigde navorsings-intensiewe universiteit op die Afrika-kontinent, lewer die Universiteit Stellenbosch 'n beduidende bydrae tot die verbreding van die globale kennisbasis. Ons visie is om wêreldwyd erken te word as uitstekend, inklusief en innoverend, waar ons kennis in diens van die samelewing bevorder. Ons streef daarna om 'n globale impak te maak op gebiede van plaaslike relevansie deur ons navorsingsprestasies. 

Deur middel van konsekwente transformasie wil ons toegang tot ons Universiteit verbreed, ons uitnemendheid handhaaf en ons sosiale impak verhoog om by te dra tot 'n samelewing van sosiale geregtigheid en gelyke geleenthede. Navorsing is 'n transformerende aktiwiteit met die krag om die wêreld te verander. Die Universiteit Stellenbosch se akademici, nagraadse navorsingsgenote en nagraadse studente is baanbrekers wat deur hul toekomsgerigte en innoverende idees en werk, gesonde, sterk en volhoubare gemeenskappe bou.

In 2018 het die US sy Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019 – 2024 aangeneem. Dit gee die toon aan vir die institusionele visie en strategie teen 2040 en bevestig ons doelwit om Afrika se leidende navorsingsintensiewe universiteit te wees, globaal erken as uitnemend, inklusief en innoverend, waar ons kennis verbreed in diens van die samelewing.​​​​

Page Title

Navorsing vir Impak

Navorsing vir Impak is een van die US se ses institusionele strategiese temas wat die instelling sal posisioneer om sy Visie 2040 te bereik. Die US wil uitnemendheid nastreef, op die voorgrond bly van sy gekose fokusareas, navorsingsuitsette bevorder en ondernemend, innoverend en selfvernuwend bly. Dit vereis `n balans tussen, aan die een kant, kontinuiteit en konsekwentheid, en aan die ander kant, transformasie en vernuwing van die US se akademiese navorser kohort. Terselfdertyd streef die US daarna om sosiaal relevant te wees. Ons navorsingspoging is nie net gemik op akademiese sukses nie, maar ook om `n beduidende impak te maak in die wêreld. 



Navorsing vir impak by die US impliseer dat ons navorsing wetenskaplike, ekonomiese, sosiale, vakkundige en kulturele impak sal bevorder. Ons fokus is op interdissiplinêre navorsing wat tot voordeel van die samelewing sal wees op `n nasionale, kontinentale en globale vlak. Terselfdertyd is ons verbind daartoe om uitnemendheid basiese en dissiplinêre navorsing te versterk, aangesien dit die basis vorm vir toegepaste navorsing. ​​​
  
  
Description
  
  
  
  
Afdeling Navorsingsontwikkeling/english/research-innovation/PublishingImages/DRD.jpg
http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/research-development/pages/default.aspxNew tab
Biblioteek en Inligtingsdiens/english/research-innovation/PublishingImages/Library.jpg
http://library.sun.ac.za/af-za/Pages/Home.aspxNew tab
Nagraadse Kantoor/english/research-innovation/PublishingImages/Postgraduate%20Office.png
http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-Development/postgraduate-officeNew tab
Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF)http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/PublishingImages/caf_150x150px.jpg
Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF)In page navigation


Untitled Document
​​Research at SU2018_ad.png
​​​
Forward lecture.png


​​

COVID-19 - Inligting vir Navorsers










Nutti​ge Skakels


Kyk die US eeufeesnavorsingsvideo




Kyk die US ​​eeufeesnavorsingsvideo​


  
  
Description
  
  
  
  
Navorsingsvideo/english/research-innovation/Research-Development/PublishingImages/New%20Home/video.png
/english/research-innovation/Research-Development/research-video1Dialog