Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Biologiese- & Omgewingsveiligheid

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Omvang/ Funksie

Die Navorsingsetiekkomitee: Biologiese en Omgewingsveiligheid (NEK: BOV) is bemagtig deur die Senaat-Navorsingsetiekkomitee (SNEK) onder die Raamwerkbeleid vir die Versekering en Bevordering van Eties-verantwoordbare Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch, om navorsing en onderrigaktiwiteite wat ’n potensiële gevaar vir mense, diere en die omgewing inhou te ondersoek en goed te keur. Sodanige navorsing kan werk wat betrekking het op rekombinante DNA, patogene, aansteeklike agente en biologiese gifstowwe, insluit.

Die komitee is ook verantwoordelik om leiding te gee oor praktyke om gesondheids- en omgewingsrisiko's wat verband hou met biologiese middels wat in navorsing en onderrig binne die Universiteit gebruik word, tot 'n minimum te beperk.

Ander verantwoordelikhede van die komitee sluit in:

  1. Evaluering van die toepaslikheid en geskiktheid van die inperkings-/bioveiligheidsvlakke en veiligheidsmaatreëls wat voorgestel en/of gebruik word in navorsing en onderrig.
  2. Evaluering van die toepaslikheid van die inperkingsfasiliteite vir Bioveiligheidsvlakke 2, 3 en 4 agente en rDNS molekules soos vereis deur wetgewing.
Alle navorsing wat geneties gewysigde organismes insluit, of navorsing wat 'n risiko vir die natuurlike omgewing of die navorser en ondersteunende personeel inhou, moet vir etiese klaring en goedkeuring voorgelê word voordat die navorsing ʼn aanvang kan neem. Alle US navorsers en dosente is verantwoordelik vir die verkryging van etiese goedkeuring vir 'n gegewe projek of onderrigaktiwiteit voor die aanvang daarvan. Aansoeke vir etiese goedkeuring moet in oorleg met eweknieë, die betrokke Hoof van die Departement en die NEK se administratiewe kantoor, voorberei word.

  
  
Description
  
  
  
  
Hoe om aansoek te doen/afrikaans/research-innovation/Research-Development/PublishingImages/integrity-ethics/human-research-(humanities)-ethics/3.png
/english/research-innovation/Research-Development/Documents/Animal%20Ethics/Infonetica%20Quick%20Manual%20for%20Researchers.pdfNew tab
Belangrike datumshttp://www.sun.ac.za/english/research-innovation/Research-Development/PublishingImages/animal-ethics/New4.png
http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-Development/Pages/REC--BEE-Meeting-Dates.aspx?TermStoreId=d4aca01e-c7ae-4dc1-b7b2-54492a41081c&TermSetId=b87eb19e-e69f-4c6f-8c57-6ef2cdfbfed7&TermId=adca9b53-5418-425d-b042-3ada814ca794New tab
Dokumentehttp://www.sun.ac.za/english/research-innovation/Research-Development/PublishingImages/animal-ethics/New5.png
http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-Development/Pages/REC-BEE-Documents.aspx?TermStoreId=d4aca01e-c7ae-4dc1-b7b2-54492a41081c&TermSetId=b87eb19e-e69f-4c6f-8c57-6ef2cdfbfed7&TermId=69ffb8d4-5951-43a6-8d2c-4f49ae32d088New tab
Kontakbesonderhedehttp://www.sun.ac.za/english/research-innovation/Research-Development/PublishingImages/animal-ethics/new9.png
/english/research-innovation/Research-Development/integrity-ethics/acu-contactDialog