Economic and Management Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsleerstoele

Die Fakulteit huisves die volgende navorsingsleerstoele:​

Leerstoel in die Ekonomie van Sosiale Beleid: Die leerstoel word deur prof Servaas van der Berg beklee en deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) befonds as deel van sy Suid-Afrikaanse Navorsingstoelinisiatief (SARChI).

Onder prof Van der Berg se leiding bestudeer 'n span navorsers aspekte van sosiale beleid en verskaf beleidsadvies vir die Suid-Afrikaanse en Afrika-konteks. Hulle fokus veral op kwantitatiewe, beleidsrelevante navorsing.

Onlangse navorsing was grotendeels op die ekonomie van opvoeding gemik, maar dit sluit ook aspekte soos armoede en ongelykheid, die arbeidsmark, maatskaplike toelaes, gesondheidsbeleid, behuising en munisipale infrastruktuur in.​

Werksdokumente oor van hierdie onderwerpe is hier beskikbaar.
Kontakpersoon: 

​​​Prof Servaas van der Berg 
Departement Ekonomie​

Stuur e-pos

​​​

​​


Leerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid: Prof Reinette (Oonsie) Biggs, die mededirekteur van die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (CST) is die bekleër​ van die DWT/NNS Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid.

Haar navorsing is daarop gemik om teorie en begrip van komplekse sosio-ekologiese stelsels te bevorder; spesifiek hoe om veerkragtigheid te bewerkstellig om onsekerheid, verrassing en voortgesette omgewings- en sosiale verandering te hanteer. Prof Biggs wil deur middel van haar navorsing praktiese teorie, metodes en insigte ontwikkel wat uiteindelik kan bydra tot die fasilitering van oorgange tot meer volhoubare toekomsvooruitsigte in Suider-Afrika.

Oonsie_webpic.jpg

Kontakpersoon: 

​Prof Reinette (Oonsie) Biggs
Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange​

Stuur e-pos




Leerstoel in Komplekse Sisteme en 'n Transformerende Afrika-toekoms: Prof Rika Preiser en me Tanja Hichert van die Sentrum vir volhoubaarheidsoorgange (CST) beklee 'n UNESCO-navorsingsleerstoel wat deel is van die globale UNITWIN/UNESCO-leerstoelprogram. Dit is gemik op die bevordering van internasionale samewerking en netwerkvorming tussen universiteite om institusionele vermoëns deur kennisdeling en samewerking te verbeter.

Die Unesco-leerstoel in Komplekse Sisteme en 'n Transformerende Afrika-toekoms sal put uit die kundigheid van die twee mede-leerstoelhouers om in-diepte kennis van komplekse sisteme te integreer, gekombineer met die konseptuele en praktiese toepassings van toekomsstudie. Prof Preiser spesialiseer in teorieë van komplekse sisteme en CST-navorsingsgenoot Tanja Hichert in die toepassing van toekomsstudie en toekomsinsig.

Kontakpersoon:Rika_Preiser_web.jpg

​Prof Rika Preiser
Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange​

Stuur e-pos



​​

Trilaterale Leerstoel in Gender as Hoofstroomkwessie vir Energiesekuriteit in Arm Stedelike Omgewings (kortliks: Gender vir Energiesekuriteit of GENS): Die Trilaterale GENS-leerstoel geniet die ondersteuning van die SA Departement van Wetenskap en Tegnologie deur middel van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en die British Council, en bevorder samewerking tussen navorsings- en akademiese sentrums van uitnemendheid in SA, die VK en Kenia.

Kontakpersoon: 

Dr Nthabiseng Mohlakoana 

Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (CST)

Stuur e-pos