Toegangskaartjies
Aankomstyd
Alle graduandi moet direk na die Coetzenburg-sentrum gaan en reeds in besit van hul gehuurde akademiese drag wees. U sal u aankondigingskaartjie daar ontvang. Graduandi word vriendelik versoek om een (1) uur voor die aanvang van die plegtigheid hulle sitplekke in te neem. Die lokaal se deure open een (1) uur voor die aanvang van die seremonie.
Toegangskaartjies
Die populasiesertifikaat van die lokaal (’n wetlike vereiste) beperk die aantal mense wat op enige gegewe tydstip in die sentrum mag wees, wat die US dwing om ’n beperkte aantal toegangskaartjies per graduandi uit te reik.
- Alle grade tot op honneursvlak mag twee (2) gaste uitnooi.
- Op meestersvlak mag graduandi drie (3) gaste uitnooi.
- Doktorale kandidate mag vier (4) gaste nooi.
Voorskoolse kinders moet verkieslik nie saamgebring word na die plegtighede nie. Indien dit wel gebeur, moet so ’n kind ook in besit wees van ’n toegangskaartjie en maak dit dus deel uit van die totale aantal toegangskaartjies wat aan ’n kandidaat uitgereik kan word.
Toegangskaartjies vir graduandi en gaste sal teen Donderdag 7 Desember 2023 aan graduandi gestuur word. Gaan u amptelike “@sun” studente-e-posrekening na vir u toegangskaartjies, en kyk ook in u rommelposlêer (“junk folder”) in u e-posrekening. Let daarop dat die kaartjies vanaf ’n Quicket-rekening gestuur sal word.
Gesinslede en vriende wat nie die geleentheid kan bywoon nie, kan ook die gradeplegtigheid aanlyn volg by www.sun.ac.za/streaming.
Kaartjies kan gedruk word of op selfone gestoor word en moet by die deur getoon word. Let daarop dat hierdie reëling vir graduandi én gaste geld.
Sitplek- en lokaalprotokol
- Graduandi en gaste wat ná die aanvang van ’n seremonie aankom, selfs al het hulle toegangskaartjies, kan toegang tot die lokaal geweier word.
- Voorskoolse kinders behoort verkieslik nie die plegtigheid by te woon nie. Indien wel, moet so ’n kind oor ’n toegangskaartjie beskik, en sal hy/sy dus deel uitmaak van die getal toegangskaartjies wat ’n kandidaat ontvang
- In pas met die waardigheid van die geleentheid, word alle kandidate en hulle gaste vriendelik versoek om NIE die lokaal gedurende die plegtigheid te verlaat nie.
- Graduandi en hulle gaste word ook versoek om slegs ongegeurde water by die lokaal in te bring. Geen ander eet- of drinkgoed word toegelaat nie.
Oorlooplokaal
Weens die lokaal se populasiekapasiteit sal gaste wat sonder ’n toegangskaartjie by die Coetzenburg-sentrum opdaag, in twee oorlooplokale in die Sportwetenskapgebou gehuisves word waar hulle die gradeplegtigheid aanlyn via ’n regstreekse stroomuitsending sal kan volg.