Spesiale reëlings
Die grade van gestremde of beseerde graduandi word onder die verhooggebied toegeken. Graduandi wat nie die verhoog kan oorsteek nie of hulp met een van die onderstaande benodig, moet die versoekvorm invul deur HIER te klik.
- Gaste wat om gesondheidsredes spesiale reëlings vereis.
- Gaste wat ’n rolstoelplek langs ’n metgesel se stoel wil bespreek.
- Graduandi of gaste wat die dienste van ’n gebaretaaltolk vereis. Let asseblief daarop dat die lokaal nie oor ’n skerm beskik nie. Reëlings sal dus getref word vir die tolk om by die betrokke graduandus of gas te sit.
- Gids vir gesiggestremde gegradueerdes.
Dien asseblief enige sodanige versoeke voor Vrydag, 10 Maart 2023 in.