Gradueringsdokumente

Graduandi wat nie hul gradeplegtigheid kan bywoon nie, of wat aangedui het dat hulle in absentia gaan gradueer, sal hul gradueringsdokumente soos volg ontvang:

Plaaslike en internasionale aflewering

Jou gradueringsdokumente sal aan jou uitgereik word via DHL Couries wat die dokumente by jou deur sal aflewer, mits jou korrekte woonadres en kontaknommers op die Universiteit se stelsel verskyn.

Verspreiding van gradueringsdokumente:

Gradueringsdokumente van alle graduandi wat in Suid-Afrika woon, word van Maandag 18 Desember 2023 af met behulp van DHL uitgestuur.

1. Tydsraamwerk vir plaaslike aflewerings:

Die verwagte afleweringtyd is ’n maksimum van twee tot vier (2–4) werksdae. Let asseblief daarop dat aflewerings in afgeleë gebiede ’n bietjie langer mag neem.

2. Nasporing van jou dokumentasie:

Jy sal ’n SMS ontvang wat jou opsporingsnommer bevat. Dit is noodsaaklik om te verseker dat jou korrekte selfoonnommer op die stelsel verskyn sodat jy jou opsporingsnommer kan ontvang.

3. Afleweringsdatum vir internasionale graduandi:

Internasionale studente se gradueringsdokumente word vanaf Maandag 18 Desember 2023 met DHL aan hulle gestuur om by hulle deur afgelewer te word.

4. Tydsraamwerk vir internasionale aflewerings:

Dit neem ongeveer vyf tot sewe (5–7) werksdae vir aflewering, afhangende van waar jy woon.

5. Bywerking van jou adres- en kontakbesonderhede:

Sorg asseblief dat jou huidige woonadres en kontaknommers op die US se stelsel verskyn. DHL sal hierdie inligting vir aflewering gebruik. Jy kan jou inligting bywerk deur hier te klik.

6. DHL sal jou kontak:

DHL sal die kontaknommer wat op die stelsel verskyn, gebruik om jou te skakel om jou van die aflewering in kennis te stel en om te verifieer dat jou woonadres en kontakbesonderhede korrek is.

7. Posbusadresse:

DHL kan nie aflewerings by posbusadresse doen wat op die stelsel geregistreer is nie. Sorg asseblief dat jy die regte woonadres vir aflewering aandui.

*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie daarvoor verantwoordelik gehou kan word indien foutiewe besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel daartoe lei dat die DHL-koerierdiens jou gradueringsdokumente by die verkeerde adres aflewer of jou nie kan skakel om aflewering te bevestig nie.

’n Bykomende fooi sal gehef word indien gradueringsdokumente wat verkeerdelik uitgereik is weens foutiewe besonderhede op die stelsel, heruitgereik moet word. Dit is belangrik en bly jou verantwoordelikheid om jou besonderhede voor die sluitingsdatum (Vrydag 24 November 2023) by te werk.

Indien graduandi nie hul inligting teen die sperdatum bywerk nie, sal hulle hul eie reëlings met die DHL-koerdiens moet tref via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html.

Kontak suparcels@sun.ac.za vir verdere navrae.